Gepubliseer in Joernaal

Wie ontwerp sport bra’s?

Ons het by Planet Fitness naby ons aangesluit en oefen so drie keer per week. ‘n Groot frustrasie is om die regte sportbra op te spoor,

Die goed lyk soos iets wat uit Noag se ark dateer, dit is nou te sê as sy vrou toe al so iets gedra het. Dit is groot en lomp en van stywe en harde materiaal gemaak. Ek verstaan dat dit moet vashou, maar daardie materiale doen meer as dit. Dit kan my maklik versmoor.

Dan het die meeste nie slegs hakies en ogies om vas te maak nie. O nee, jy moet jou daarin wurm want dit moet oor die kop of boude aankom.

Oor die kop is een groot nagmerrie, want mens se arms moet in vreemde en ongemaklike posisies vou om dit oor te kry.

Ding is, dit moet soos tweede vel sit, anders is dit waardeloos. Daar is dinge wat vasgehou moet word. Maar, om so vas te sit, moet dit onder dinge baie nou wees, nouer as boude en skouers…

Maar, dit is nie die grootste probleem nie. Alleen in ‘n aantrekhokkie kom dit baie moeiliker weer bo-oor arms wat in vreemde posises ingeforseer word en hande wat moet probeer vasvat om oor te trek. Ek dink ek sal nog ‘n ledemaat so verrek. Dus is dit uitgesukkel om nie te koop nie. Genadiglik is dit die keer uit.

En toe ontdek ek een wat sowaar agter oopmaak en dus uit en aan kan kom. Nadat ek maar teen sportbra’s besluit het.

Wat my natuurlik by die vraag bring – Wie maak sportbra’s?

Kan nie ‘n vrou wees nie, want as dit is, maak sy dit sonder om navorsing te doen of aan te pas! En hoe erg mens gemartel en teister word terwyl jy uit en aantreak.

Die t-hempagtige goedjies werk nie, dit trek wel makliker oor die kop of boude. Maar dan moet dit nie doelloos wees nie.

Dus vra ek weer: Wie ontwerp sportbra’s?

En … waarom kla niemand nie?

Ek sal dit nogal maklik op ‘n hoop kon verbrand, al is ek nie ‘n kampvegter vir sulke optrede nie.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

15 gedagtes oor “Wie ontwerp sport bra’s?

  1. Ja-nee, nou praat jy! Ek wonder dieselfde. Daar is geen bra wat my behoorlik bymekaar kan hou nie. Daars altyd dele wat uitpeul waar dit nie moet nie. En dan beweer hul dis sport-bras wat werk? Nee wat, ek’t al moed opgegee. Daardie inklim goed kom ek gladnie in nie.(Ek grinnik nou lekker terwyl ek hieraan dink.)

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.