Gepubliseer in Joernaal,Resensies

Oulike skaal vir boek beoordeling …

Ek sukkel soms om ‘n boek met behulp van ‘n skaal te beoordeel, dus geniet ek the-travellingmind se skaal, met sy verduideliking, baie.

Ek plak dit eers en dan sal ek in Afrikaans vertaal.

Vertaling en verduideliking

5 sterre – Wonderlike boek met goeie karakters. Wou nie wou neersit voor ek klaar gelees het nie. Gevolglik kon ek kwaai raak as iemand koffie of kos vra as ek verdiep is in my boek. Voorbeelde: Steve Hofmeyer se boeke, baie moderne voorgeskrewe boeke, soos Die sakmense, Die Pro, en vele meer. ‘n Hele paar Afrikaanse boeke op Amazon se Kindle ook in, soos Elsabe Welman se Ryk Armgat.

4 sterre – Goeie boek, maar daar is goed wat my verhoed om te dink dat dit wonderlik is. Tog het dit nie effek op storie nie, dus sal ek aanbeveel. ‘n Paar boeke op Kindle (Afrikaans). Soms word die storie ook onnodig uitgerek – verwag ek die slot, bloot om te sien dat daar nog ‘n hoofstuk is.

3 sterre – Het klaar gelees, maar daar is goed wat my pla. So het ek onlangs Deon Meyer se Ikarus ‘n drie op Amazon gegee. Die man gebruik die d@@ woord oormatig, en die Jissis pla verskriklik baie. Maar, tot my skande, het ek eers toe hy Steve Hofmeyr onnodig swart smeer in hierdie boek besluit ek sal klaar sal luister (Audible) want ek het fortuin vir die boek betaal, maar dan is ek ook klaar met sy boeke. Op the-travelingmind se skaal moes ek dit eerder ‘n 2 gegee het omdat ek dit ook nie (meer) wil aanbeveel nie. Die kragwoorde het swaar op my oor geval, miskien omdat ek die boek geluister het, want ek het tog al van sy boeke gelees … Nou is dit asof ek elke liewe een RAAKlees.

2 sterre – ek het klaargemaak, maar sal nie aanbeveel nie. Dit impliseer ook dat ek die boek oor ‘n tydperk van dae gelees het, bloot omdat ek nie sommer moed opgee as ek begin lees nie. ‘n Hele paar Afrikaanse boeke val in hierdie kategorie, veral as die boeke soetsappig is en my nie dwing om klaar te maak nie. Die stories dryf my nie, is voorspelbaar en ek het maar net gelees om my voorspellings te bevestig.

1 ster – ek het klaar gelees om ‘n opinie te vorm, maar beveel dit nie aan nie. Daar is baie min boeke in hierdie kategorie, ek lees bloot klaar omdat ek nie ongelees op die boekrak wil los nie.

MNKN – ek het nie klaar gelees nie. Volgens the-travellingmind word daar nie dadelik opgegee nie, word ‘n goeie stuk eers gelees om ‘n mening te vorm. Soos ek onlangs met Die verevrou gedoen het. Al het die storie gou gepla, soos toe die dogtertjie haar kaal ma bewonder. Sy was verbasend seksueel-georienteerd, seksbehep. Daar was wreedheid wat my gewalg het, soos toe haar tannie se lyf vol gate gesteek is om volstruisvere daarin te druk – terwyl sy lewe, maar, toe sy in die bad staan en ‘n ander vrou haar watsenaam, wat toe eers beskryf word as beide manlik en vroulik, koesterend vir haar was, het ek genoeg gehad. Ek het die boek toegemaak, sonder om eens te wonder wat die uiteinde was. Ek was verstar, hoe kan so ‘n boek vir skoolkinders, met ontvanklike siele, voorgeskryf word? Daar bestaan ‘n moontlikheid dat kinders met sielkundige afwykings die wreedhede sal uittoets! Ek sien GEEN waarde in die boek nie.

Maar, ek lees nie verder as ‘n boek seksueel eksplisiet is nie. Veral nie as kru woorde gebruik word nie. Of dit nou dadelik, of binne die eerste of 50ste bladsye gebeur, sit ek neer en basta. Ek wil dit nie lees nie, kan nie glo dat ‘n man of vrou so kras beskryf nie, en ek wonder oor die skrywer eerder as die boek se inhoud. Hoe gaan dit in hulle lewens as dit is wat hulle bereid is om neer te pen? Nie eende van my dam nie, dit weet ek beslis.

***

Ek hou nie daarvan om punte toe te ken nie, dalk omdat ek genoeg daarvan gedoen het toe ek skoolgehou het? Nou kan ek ‘n 3 toeken, al het ek ek die boek nogal geniet.

Die wao-faktor was egter nie daar nie. Die intrek in die storie. Die storie was voorspelbaar, so ek hoef dit eintlik nie klaar te lees nie, doen dit maar omdat ek begin het en dit my nie walg nie.

Steve Hofmeyer kan die wao-faktor perfek integreer. Ek het nou al verskeie van sy speurverhale gelees, en ek kan nie raai wie die skuldige is nie – is soms selfs geskok as ek dit op die laaste bladsye uitvind. Want, ek het besef dan, ek het die krummels gesien, die leidrade, maar dit nie herken nie. Hy gebruik kru woorde spaarsamig, op plekke waar ek ook sou vloek. Nie soos Deon Meyer wat dit oral inspan nie.

Ek kan egter ‘n sesde maatstaf op die lysie plaas.

WTL – om weier om te lees. Daar is boeke wat ek weier om te lees. Dit kan ‘n spesifieke skrywer se boeke wees (soos my onlangse besluit om nie weer ‘n Deon Meyer te lees nie), of dit kan ‘n tema wees. Temas sluit boeke in wat mens se geloof belaglik probeer maak, hygverhale, dinge wat teen my waardestelsel skop, ook 50 Shades of Grey. Ek maak nie pandora se boks oop as ek uit ander mense se houdings oor ‘n boek kan leer dat dit nie iets is wat ek wil weet nie.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

6 gedagtes oor “Oulike skaal vir boek beoordeling …

  1. Ek het ‘n paar boeke van my dogter se boek klub geleen terwyl ek op vakansie is. Ek sien hulle gebruik ook sterre en soos sy vir my verduidelik het, klink dit asof hulle ook hierdie sisteem gebruik.

    Liked by 1 person

  2. Ek lees baie (maar op die oomblik eintlik hopeloos te min). Ek hou van Afrikaanse boeke – Christel Loots en Chanette Paul is gunstelinge … ek’s mal oor hulle gevatte humor. Maar het nog nooit ‘n skaal soos hierdie gebruik om boeke te “rate” nie. Dankie vir die wenk!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Dr Christa van Staden Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.