Gepubliseer in Joernaal

Wortel van die kwaad?

Ek speel soms die Afrikaanse woordraai speletjie, Wortel. Dit is soortgelyk aan die Engelse ene, met ‘n soortgelyke naam.

Maar, ek het geen idee hoe die Afrikaanse ontwikkelaar by wortel uitgekom het nie. Die Engelse titel is half verstaanbaar, word + riddle sal die titel kan maak. So, wortel maak nie sin nie.

Dalk het dit met stam van die woord te doen, want dit wil nie verbuigings aanvaar nie. Vertel vir my dat so ‘n woord unknown is. Nie in Afrikaans nie, in Engels. Dus werk dit dalk net met die stam van ‘n woord, wat my dan so bietjie aan kleinseun laat dink wat tak en stok in verband bring as hy moet sê wat is baie oud. Maar, wortel en stam is darem nie so naby verwant nie, dus wonder ek steeds.

Iedergeval, dit kan ook na wortel van die kwaad verwys. Nie dat ek kwaad word nie, eerder verontwaardig as ek die woord so mooi in vyf blokkies pas en dan moet sien dat ek weer moet probeer, die woord bestaan nie.

Dit is seker beter as niks, as dit net nee sê sal mens seker nie in die beperkte getal kanse die woord kan regkry nie.

Dit werk so: As jy ‘n lekker reg raai en op die regte plek geplaas het, is hy groen. As jy reg raai, maar is op verkeerde plek, dan is hy blou. En as jy verkeerd raai, is hy swart.

Hier was ek moedeloos, want geen van die oorblywende letters wou in die middelste blokkie pas nie. Toe toets ek die “e” weer ‘n keer en sowaar. daar gaat hy. Al was die “e” swart gemerk in die lysie van oorblywende letters. Darem een raai voor die laaste kans om reg te raai.

Ek was al ook gelukkig om vinniger reg te raai, soos hier., maar die gebeur baie selde dat mens so reg raai, in die regte volgorde van die begin af. Geluk was seker aan my kant.

En nog vinniger. Hierdie een het my behoorlik laat kopkrap met die “m” wat gebruik moet word. En ewe skielik was dit logies?

En soms sukkel ek my poegaai …

En soms is ek baie, baie gelukkig om reg te raai …

Ek kon net nie ‘n woord kry nie, toe gebruik ek die “k” twee keer, dat ek kan sien wat is reg en wat nie. As jy mos ‘n verkeerde woord intik, sê dit net woord is nie bekend nie en gaan dit nie aan nie. Jy moet die woord iitvee en weer probeer.

En gister het die geluk weer na my kant gekom …

Iedergeval, dit is goed vir die brein om so te sukkel om die regte woord te vind, amper iets soos hangman waarmee ons as kinders gespeel het. Was daardie nie ‘n lekker speletjie nie?

Jy kry net een kans elke baie ure, soms meer as 5 ure voor jy weer kan speel, dus hoef jy nie bekommerd wees om verslaaf te raak nie. Buitendien, mens is nogal suf gedink as jy uiteindelik die regte woord kon vind. Of dalk wil mens net nie weer probeer as jy die antwoord uiteindelik reg het nie.

Dit maak dit darem makliker – of dalk moeiliker – om te raai aangesien letters, wat reeds as verkeerd geïtentifiseer is, in swart gemerk word op die alfabet gedeelte. Moeiliker omdat ‘n dubbele klank dan reeds swart aangedui is – sodat mens dit miskyk.

Speel jy dit?

Ek kan nie heeltemal dink dat ek dit in ‘n klaskamer sal gebruik nie, maar vir gespanne ontspanning is dit nogal lekker!

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

18 gedagtes oor “Wortel van die kwaad?

  1. Ek het dit gedoen en dit geniet. Na Covid het ek dit ontgroeie en al vergeet daarvan. Sal bietjie weer begin, bygesê as ek onthou. Ek speel dambord met die blikbrein wat my vreeslik kan frustreer want hy bly meestal een stappie voor my. Tog is dit ‘n goeie brein uitdaging.

    Liked by 1 person

  2. My dag voel nie reg as ek Wordle nie gespeel het nie 🙂 🙂 My seun in Skotland speel dit ook en dit is altyd lekkerom uit te vind wie die woord gouste ontdek het.

    Liked by 1 person

  3. Die screenshots wat jy daar wys is van die Android app wat deur ‘n Duitse maatskappy gemaak is.

    Die regte, oorspronklike, populêre Wortel is nie as ‘n app beskikbaar nie, maar slegs in jou browser by https://speelwortel.co.za

    Het jy nie met vriende vergelyk en besef jy kry nie dieselfde spel as hulle nie?

    Like

      1. Jammer, ek dink jy het my misverstaan. Het dit nie negatief bedoel nie. Het nou weer my boodskap gelees en verstaan nog nie hoekom dit so oorgekom het nie.

        Ek het die oorspronklike Wortel gemaak en kry Google Alert notifications as daar iets op die internet daaroor genoem word. Dis hoe ek by jou blog uitgekom het. Ek het gesien jy kla oor die geldige woorde wat die Duitse Wortel app nie aanvaar nie, en gedog ek help jou deur jou na die regte Wortel te verwys.

        Groete Francois

        Like

        1. Hallo Francois. Lees maar weer, dit kom oor dat (a) ek nonsens praat, dat dit nie wortel is nie en (b) dat ek sou geweet het as ek met ingeligtes gepraat het. Dit is (a) wel Wortel wat ek op my iPhone (nie android toestel nie) s-eel en (b) ek het něrens geskryf dat dit jou wortel is nie, het ek? My kritiek is op die Wortel toep wat ek op my iPhone speel – en dit is met skermskote gedoen wat duidelik onderskei tussen die toep wat ek speel en jou wortel, soos ek uit jou kommentaar verstaan. Mens kan Google nie altyd vertrou nie, maak maar in die vervolg seker dit is wel kommentaar op jou wortel.

          Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.