Gepubliseer in Foto-stories & uitdagings,Joernaal

Romantiese see van rose

Ek kry vandag hierdie foto op FB, en ek kan nie help om sommer nog kouer te kry nie. Romantiese see van rose is die opskrif …

Ek weet hoe koud dit is as die sneeu so dik lê. Veral as dit nog so sag en vars is.

Maar ai, is dit nie pragtig nie?

Ek weet nie wie se foto dit is nie, maar, wie ook al geneem het, het diep in die sneeu gestaan om te neem. Dit is nogal snaaks as die sneeu so in jou stewels indrup en dit ewe skielik baie koud in die skoene is.

Ek wil net nie daar wees nie …

Ek dink egter dit is wondermooi, sprokiesmooi.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

10 gedagtes oor “Romantiese see van rose

  1. Ja, soos jy sê, dit is werklik besonder mooi … maar my tone vries sommer by die gedagte om in daardie sneeu te staan. Ons het alreeds heerlike warm dae gehad (sodat ek selfs al ‘n knie broek en sandale kon aantrek) – ek kan nie wag vir die Somer nie!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Dr Christa van Staden Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.