Gepubliseer in Joernaal

My geskenk van manlief … airpods Pro gen 2

Jitte. dit klink so bietjie soos spog, dit is ‘n baie duur verjaarsdaggeskenk. Maar, ai, dit is veel goedkoper as die ander keuses wat ons gehad het.

Manlief werk slegs een dag per week van die kantoor af, die res van die dae werk hy vanaf die huis. Een van die slaapkamers is in ‘n studeerkamer verander, en daar vind daagliks baie, baie aanlyn vergaderings plaas.

My kantoor is in die gang, baie naby aan sy studeerkamer. Gevolglik kan ek doodeenvoudig net nie konsentreer wanneer hy in vergaderings is nie. Ek hoor alles, al maak ons die deure toe. Op ‘n ander plek kan ek nie gaan werk nie, ek het die GROOT iMac, en sy staan my hele lessenaar vol. Om in en uit te prop en na ander vetrekke te gaan, is moeilik. Maar selfs daar hoor ek die manne – en vrouens in minder mate – wanneer hulle vergaderings het.

Ek is nie nuuskierig nie, maar ek hoor hulle. Veral as iemand die hele tyd uhhmmm as hulle praat. Waarom weet ek nie, maar my brein hoor dan elke uhhmm, en dit irriteer my so dat ek nog minder konsentreer, ek sweer my brein wag vir die volgende uhhhmmm…

So koop ek toe vir my redelike duur oorfone wat ANC is. Die afkorting het my gepla, ek soek niks wat met die ANc te doen het nie, dit sal mos nie werk nie? Maar seun lig my toe in dat dit Active Noise Cancelation beteken, dus kanselleer dit klanke om my as ek dit in het dat ek kan konsentreer.

Dit werk toe glad nie. Miskien omdat ek ‘n iPhone het? Dalk werk dit met ander fone.

My eie Airpods werk ook nie, hulle het nie ANC nie, al het hulle drie keer meer as hierdie stel gekos. Met musiek in my ore kan ek nie konsentreer nie, ek luister dan daarna en vergeet wat ek wou skryf.

Dollatjie vertel my toe dat haar manlief in Airpod Pro’s belê het. Sy het dit getoets, en ja, dit werk fantasties. Dus kyk en na pryse, maar nee, dit kan ek wraggies nie bekostig nie. R5 500 vir twee piepklein goedjies in my ore. En … ek het nie eens self getoets of dit werk nie.

So sit ek af na iStore, kan ek toets. Maar die duur goedjies is in hulle eie vertoonkassie op die toonbank. Kyk kan ek kyk, deur die glas. Vat en toets is nie ‘n opsie nie. Ongetoets gaan ek nie R6000 spandeer nie, my sak is nie net plat nie, ek is in die rooi na Shilo se diagnose en behandeling tot hy aan die slapies gemaak is.

Dit is twee weke voor my verjaarsdag, en manlief, wat gewoonlik vir my juwele koop, bied aan om dié keer die Airpod Pro’s vir my te koop. Noudat ek daaraan dink, hy het vir my 60ste vir my my huidige iPhone en gewone airpods gekoop. Toe was die airpods ‘n bykans noodsaaklikheid weens die ure wat ons op vliegtuie en in lughawens spandeer het tussen Suid-Afrika en Kazakhstan. Hy sit syne in en vergeet van my, hy luister te lekker na musiek.

Hy besluit ook dat ek dit dadelik kan kry, want hy sou die week voor my verjaarsdag uitstedig wees. Toe ons egter by iStore instap, is die prys R5 999. Ek sê toe ons sal eers daaroor dink, en vertel manlief dat ek dit definitief teen ‘n beter prys gesien het. Ek het eerder gedink ek moet R5000 as R6000 spaar. Volgens die verkoopsman mag Incredible Connection en Takealot dit verkoop, vir minder, nie vir meer nie. Dit het soos ‘n hulplyn geklink, dus is ons daar uit.

Die volgende dag sien ek dat Takealot se prys met iStore s’n ooreenstem, maar dat Incredible Comnnection dit net vir die dag vir R5 399 verkoop, dus is ons af daarheen om te gaan koop -0 dit is ‘n baie goeie besparing.

En nou wil ek ook hierdie wonderwerkies vertel.

As ek dit in het, hoor ek nie manlief se gesprekke met kollegas nie. Ek hoor nie as hy verby my loop en iets vra nie, hy moet my aandag trek. As ek met die honde gaan stap, hoor ek die motors nie in hulle volle geraas nie, hulle suis by my verby. Ek kan rustig na sagte musiek luister.

Vandag ontdek ek nuwe eienskappe. Ek kan dit stel dat dit saggies aanhoudende musiek speel – jy weet mos, daardie soort wat hulle wit geraas (white noise) noem. Dit skakel klanke van buite uit, dus hoor ek regtig niks nie.

‘n Interessante ding is dat ek dit ook kan stel om mikrofone te wees. Dit was aangeskakel, dus het ek nogal geskrik toe ek na musiek luister en skielik stemme in my kop hoor wat swart tale praat – dit het hulle gesprekke opgevang terwyl ek verby stap …

Ek kan hierdie wonderwerkies aanbeveel. Alhoewel dit verskriklik duur is, sou dit ons baie meer gekos het om vir my ‘n klankdigte kantoor te probeer skep. Ons sou waarskynlik iewers moes aanbou. Nou kan ek net werk, laai, en weer werk. Die batterye hou verskriklik lank, ek het nog nie

***

Manlief sē hy is klaar spyt hy het dit vir my gekoop. As hy in moeilikheidsoek bui is, sit ek in en hoor niks. Sien mond oop en toe gaan, maar hoor niks. So oorreageer ek nie, en dit is goed vir ons.

Oeps, ek hoor ook nie as hy antwoord nie … Ek sal maar minder opmerklik hiermee te werk moet gaan, anders kan hy dalk net besluit om dit weg te steek … Hy vervies hom as hy weer moet antwoord …

***

Ek spot sommer oor die wegsteek, ek wil net nie hê my geliefde se persent moet ‘n meulsteun word nie …

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

7 gedagtes oor “My geskenk van manlief … airpods Pro gen 2

      1. Dit is darem veilig waar ek met hulle stap, ons bly op ‘m golf landgoed, en ek loop op paadjies. As ek langs die straat op die sy[aadjie stap, is dit lekker om die karre nie te hoor nie, ek is veilig, hulle mag net 30 km per uur ry. Maar, as ek oor die sr]traat stap, haal ek een uit om te hoor.

        Like

  1. Hier by ons huis hoor ek ook alle vergaderings van my man (alhoewel, deesdae werk hy nou weer meer van die kantoor af vandat hulle in ‘n nuwe gebou ingetrek het). Ek spot altyd, hy kan my enige tyd vra wie het wat gesê, want ek hoor alles tydens hulle vergaderings. Gelukkig kan ek maklik “afskakel” wanneer ek self besig is met iets, dus pla dit nie … dink dit kom van my koshuis dae af tussen baie meisies 😄! Ek’s bly jou geskenk bring jou nou soveel vreugde!

    Liked by 1 person

    1. Dit is waar, ek was op Tuks in die koshuis, maar dit is anders. Stil as mens moet leer as jy eie kamer het.Ek kon hom vra waarom wie waaroor gekla het. En nou is ek in die duister, dit is regtig lekker. Ek moenie soveel weet van goed wat my niks aangaan nie.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Dr Christa van Staden Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.