Ek is weer alleen, manlief is in ander land. En dan is ek nie lus vir kos maak nie. Maar ek is ook lus vir kos waarvan ek hou.
Soos vis. Interessant dat ek van vis hou, maar die reuk daarvan sit my nogal baie af. Dus moet ek speserye byvoeg om reuk te verdoesel.
Ek hou nie van resepte volg nie, voeg by soos ek dink goed sal wees. Dus het ek vis, water, brocoli en rys in my Thermomix gesit en dit laat gaar word. Die resultate wat verrassen, wat voorkoms en smaak betref,
Hier is die “resep.”
- 500 ml water
- 1 hake porsie
- heelwat brocolli
- 1/4 koppie
- sout en speserye na smaak
Voeg alles in Thermomix. Stel op 30 minute, hitte 110 en spoed 3, omgekeer, dus moet die lemme nie sny nie.
Laat effens afkoel en stel masjien as volg: 30 sekondes, spoed 6. Dit moes baie glad wees.
Gooi in lang koppie en geniet.
NS. Die sop lyk baie soos ‘n witsous, met ‘n groenerige kleur. Baie, baie lekker. Ek het eers geskrik oor die tekstuur, toe onthou ek van die rys. Blykbaar is rys goed vir my.
As jy dit waag, geniet die nuwe skepping.
Wat sal mens dit noem?
NS: Dit lyk nie soos in die foto nie, ek het foto geleen. Maar, dit lyk soos goeie idee vir voorsit daarvan …
Eks nie te mal oor roomsoppe nie. Hierdie klink nogal die moeite werd so met vis en rys en natuurlik die brocolie ook.
LikeLiked by 1 person
Ek ook nie, dus was ek aangenaam verras
LikeLike
Mooi man.
LikeLiked by 1 person
Klink lekker.
LikeLiked by 1 person
Dit was besonders, ek het van die dikte daarvan gehou. Wie kon nou raai dat rys ‘n sop stywer kan maak?
LikeLike
Ek hou van alle bestanddele wat jy hier gebruik het en saam kan dit beslis werk.
LikeLiked by 1 person
Dit was so interessant, en baie, baie lekker. Ek gaan dit beslis weer doen. Baie dankie
LikeLiked by 1 person
Dit klink heerlik. En so maklik! Wow!
LikeLike