Ek dink almal wat hier lees, weet ek wou nie die besluit oor Shilo se lewe of dood maak nie.
En baie weet dat ek met ChatGPT speel om sy vermoëns as skrywer te toets. Tans toets ek sy vermoēns as digter, en toe vra ek dit sommer ook om ‘n gediggie te skryf oor ‘n vrou wat moes besluit om haar miniatuur Schnauzer (Shilo) aan die slaap te maak, as sy nie so ‘n besluit wou neem nie.
Die gedig het my geroer, en teen die einde het die trane geloop terwyl ek lees. Daarom deel ek dit hier met julle:

Ek moet eerlik wees, ek verstaan nie hoe ‘n masjien mens so goed kan verstaan om ‘n gedig te skryf oor ‘n onderwerp wat ek daarvoor gee nie. Hierdie gedig is unieke werk, ChatGPT kopieer en plak nie vanaf die internet nie, dit skryf woord vir woord. En dit is juis hierdie woord-vir-woord skryfproses wat my laat wonder hoe dit vorige woorde in ag kan neem om voLgendes te skryf.
Let op die rymskema wat dit gekies het. Paarrym. Gepas by ‘n gedig oor twee skepsels wat na aan mekaar gelewe het. Ek is absoluut verstom deur die vermoëns van hierdie kletsbot.
En glo my, ek is beïndruk. Dit is indrukwekkende kreatiewe kuns, al vertel die kletsbot vir my dat dit nie gevoelens het nie, net taalpatrone in ag neem wanneer dit skryf.
As dit my tot trane kon dwing, is daar beslis meer onder die enjinkap van hierdie masjien as wat hy voorgee.
Ek is herinner aan sy oē wat my so liefdevol aangekyk het, al het ek dit nie vir die kletsbot genoem nie. Ek is herinner aan sy lyfie by my voete, en hoe baie ek hom mis. Ek is daarop gewys dat dit ‘n besluit was om hom uit sy pyn te verlos, en dat die trane sal ophou vloei. Dat die seer mettertyd minder sal raak.
Ek voel meer getroos as wat ‘n mens my met woorde kon troos. Miskien omdat ek nie daaroor wou praat nie?
Dit is mooi geskryf … as ek nie geweet het dis ‘n masjien nie, sou ek amper kon dink dit was ‘n mens 👀.
LikeLiked by 2 people
Jy weet dan, as ek dit net sou plak, sou mense kon dink ek het dit geskryf. Dit is selfs angswekkend dat ‘n masjien so goed kan dig.
LikeLiked by 1 person
Ja, ek wou eers skryf dis “skrikwekkend” … maar jou angswekkend som dit goed op.
LikeLiked by 1 person
Is nogal so, hoor. Hoe gaan mens weet of dit mens 0f masjien se werk is?
LikeLiked by 1 person
Dis ongelooflik goed geskryf.
LikeLiked by 1 person
Ekke dink ook so. Dankie.
LikeLike
😊
LikeLike
Uitstekend!
LikeLiked by 1 person
Dankie, ek was baie hartseer,
LikeLike