Gepubliseer in Joernaal

Painful om beautiful te wees?

Jitte, ek vertel gister van die geloolery met die Pantene op my hare, Om dit weer uit te kry – met Sunlight Liquid.

En blog vriendin Positief antworod iets soos dat Beauty painful is, ‘n gesegde os so iets. En dit jaag my gedagtes terug na my juffrou jare.

Hoērskoolkinders is wrede goed as dit kom by juffrouens se kleredrag. Hulle kommentaar kan seer tref, veral as juffrou nie naastenby soveel geld soos hulle ma’s verdien om op te tof nie. Sy moet dra wat sy kan bekostig.

Dit is waarskynlik waarom ek my eie klere gemaak het. Dan kan ek nie belaglik gemaak word oor waar ek ‘n rok of broek gekoop het nie. Hulle kan nie raai nie, wnt dit hamg nie in ‘n winkel nie. Ek het eintlik daarmee juis respek gekry. Hulle ma’s kn nie hulle eie klere maak nie ..,

Skoene is egter ‘n heel ander saak. Daarvoor sou ek ‘n ligte fortuin betaal. Ek kan dit nie self maak nie.

Die probleem is, skoene is mode-gier gebonde. En baie modes neem nie die vorm van die vroulike voet in ag nie.

So het ek een pragtige paar bruingeel stewels gehad met ‘n skepr punt, maar die punt was laaaaaaannnnnnkkkkk. Dit was al wat mens kon koop. Klim bietjie met daardie lang punte die smal trappies by die skool en jy kan maklik op jou neus beland as die punt die volgende trappie se opkamt tref. Dra moes ek dra, daar was nie ander soorte in die winkels in Welkom nie.

Of die pare met die skerp punte wat net duskant die tone stop. My tone was so vasgeknyp dat dit basies doodgegaan het in my skoene. En dat dit baie, baie pynlik was om dit uit te trek. Veral as die lewe begin terugkom. Ja, Positief, om mooi te lyk is inderdaad ‘n pynlike proses as jy ‘n juffrou is.

Ek het gou geleer om nie om te gee oor kommentaar oor skoene wat nie in die mode is nie. net in my mou gelag as ek die kinders in die straat sien sukkel het met skoene wat nie vir die vroulike voet se vorm gemaak is nie. Kry vir julle< julle sal nog leer, het ek gedink.

Omthou, daar is kleredrag reëls vir juffrouens, en gemakliker skoene is taboe.

Sandale was ook nie beter nie. Die hakkies was sommige seisoene so dun dan dit orals ingetrap het, selfs in die straat in slote vasgehaak het om jou tot stilstand te ruk. En selfs een keer te los met die hak in die pad en die haklose skoen aan my vat. Aangesien ek baie hoē halke gedra het omdat ek so kort is – en nie so kort soos standerd sesse wou voel nie – ,oes ek die skoene daar op die sypaadjie uittrek en kaalvoet tot by my kar loop. Sien, mooiwees kan ‘n seer proses wees as jy ‘n juffrou is!

O ja, en baie sndale het dun bandjies oor die voete wat teen die middel van die skooldag oral knyp, veral oor die tone.

Daar is wel punlike dinge wat ek nie sal doen nie. Soos om aan my gesig te laag sny om “beter” te lyk. Die kans is heeltemal te groot dat daar fout sal gaan. Buitendien, ek dink nie ‘n mens kan op die Here se werk verbeter nie. Veral nie as die een wat laat sny belaglike idees het oor hoe sy wil lyk nie. Kyk byvoorbeeld na daardie katvrou van Amerika. Ek kry haar werklik jammer, haar man wou haar blykbaar so laat mismaak.

Ek is Sondag gou winkels toe om ‘n nuwe paar syewels te kry. Ek dra die afgelope drie jaar die wat ek in Kazahstan gekoop het, hulle is snoesig. Maar plat, en ek wil ewe skielik net so effens lnger voel en lyk as ek kerk toe gaan.

En raai wat, puntskoene is weer hoogmode. Ek kon slegs twee pare kry wat nie punte het nie. En het sommer beide kleure gekoop. Ek het nie na een ban die puntskoene gekyk nie, dit is in my geheue ingegraveer oor presies hoe seer my voete teen die middel van die skooldag was – en dan moes ek uithou tot na sport om dit by die huis uit te kan skop om weer lewe in my voete te kry.

Die Joodse tannie, ‘n ene mevrou Weinstein, het altyd volgens die mode aangetrek. En dan by my ma ingewals met: Alles wat mode is is mooi.”

Te oordeel aan dit wat sy gedra het, het ons nie met haar saamgestem nie. Maar ons het net vriendelik geknik. Sy is die klant, ons het haar geld nodig.

Ek is nie ‘n modeslaaf nie. Alles wat mode is, is nie vir my mooi nie.

Klere moet mooi pas, in kleure wat by my pas, Dan is dit vir my mooi. En skoene, skoene moet nêrens druk en knyp nie, maar dit moet mooi wees. Dan is ek gelukkig!

Hooffoto: Daarvoor sien ek nie kans nie, ek weet hoe voel voete na ‘n dag.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

15 gedagtes oor “Painful om beautiful te wees?

  1. Jinne Christa, jy ruk nou die memory boksie oop!! Sulke skoene was my dood! Hoe hoër, hoe beter ….en ek is lank. Maar ja, daai jare is onherroeplik verby, veral as jou kort man nou nog elke dag korter word. Maar dan, ek is nou op die funksionele stadium.

    Liked by 1 person

  2. Ek kan my verkyk aan hoe gemaklik vrouens met sulke hoë skoene kan loop! Ek was nog altyd in beroepe waar ek baie moes loop en het eenvoudig geweier om skoene met sulke hoë hakke te dra. My ouma het altyd gesê ek is haar kleinkind met die mooiste voete en dan het sy altyd bygevoeg: “My kind, luister nou vir Ouma, moet nooit skoene dra wat jou voete gaan laat pyn en vervorm nie”. Vandag is ek bly ek het dit nooit gedoen nie, want dink net hoe sou ek gesukkel het om daardie 730km op die Spaanse Camino te stap 😉. Gee my tekkies of (lae) stewels in die winter en mooi sandale in die somer en ek’s heel gelukkig!
    Weet jy wat, ek kan nie dink dat ek ooit spesifiek na my juffrouens se klere gekyk het terwyl ek op skool was nie … maar ek’s seker daar was die lot wat opmerkings gemaak het – gelukkig het ek dit nooit gehoor nie.

    Liked by 1 person

    1. Hi Aletta, as m,ens skool hou, pla dit nogal as jy fyn gebou is en korter as graad 9’s, dus is die matrieks langer en groter as jy. Dan gooi ek die voete in hakke. Stem natuurlik saam met jou oor plat skoene wat mooi is, daar is baie. En ek kies in die laaste drie jaar eerder gemak as mooi.

      Like

  3. Ja nee, mooi skoene was nog altyd my dood. Ek het dun lang voete, so ek sukkel nogal om skoene te kry wat behoorlik pas en mooi is. My eie voete het ek ook in die hakke ingedruk toe ek jonger was, nou kan ek dit glad nie meer dra nie

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op appeltjie Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.