Ek het ‘n ruk terug Pantene se haarmasker gekoop.
Saterdagoggend besluit ek ewe onnosel om dit op te sit terwyl ek hare was en gereed maak om na ‘n ooievaarstee te gaan. Moenie dink dit skrik my af toe die smeersel soos Vaseline aan my vingers plak nie. Nee wat, al sukkel dit soos koue botter om te smeer, plak ek dit sommer aan.
Om myself heeltemal te veel moeie op die hals te haal!
Toe ek my hare droogblaas, gly my haardroër amper uit my hande van die olie wat aan my hande kom terwyl ek blaas en vat. Die hare kom glad nie droog nie, dus trek ek sykouse en so aan uit en klim ek weer onder die stort in. Voel uitgewas, maar o wee, toe ek blaas, hang my hare in drellerige toutjies.
Dus draai ek weer die stort oop. Trek weer uit en was die hare weer ‘n keer. Weer voel dit reg, maar hang dit in slap toutjies soos wat ek met die GhD platstryk – olie nog in hare.
Ek maak weer oop, maar die water is koud en ek besluit om eerder bietjie te wag. Ek het 90 minute terwyl manlief na die Bokke se neerlaag staar.
Volgens my haarkapster sus jare gelede, meng mens bietjie waspoeier met die sjampoe om olierigheid uit te was. Dus is ek kombuis toe om Arial te kry, dit is vloeibaar en nie korrels nie, maar dit moet werk.
Was my hare onder die bad se kraan met koue water, sien nie kans vir koue stort nie, maak droog en dit is steeds olierig.
Weer kombuis toe, meng Sunlight Liquid met Arial, was onder kraan met yskoue water teen hierdie tyd, maak droog, en die hare wil steeds nie droog word nie, dit hang in olierige toue.
Ek kam dit in bolla, maar dit lyk of ek Brill Cream aangesmeer het, soos Elvis Presley.
En toe wip ek my.
Gaan kombuis toe, meng baie Sunlight Liquid met baie appelasyn. As die een nie werk nie, moet die ander een werk. Was my hare, wat vol bolle skuim is en soos asyn stink vir die laaste keer – as dit nie werk nie, gaan ek haarkapster toe. Hulle moet iets hê wat werk?
My kopvel tintel, en ek ruik soos kombuis skottelgoed en wasgoed wat pas gewas is. Maar, my hare voel nie olierig toe ek begin droogmaak nie.
Dus is ek weer onder die stort in – koue water of te nie. En was ek met my sjampoe om ‘n ander reuk oor my kopvel te versprei.
Toe ek droogmaak is my hare skoon, maar die ene elektrisiteit, en is ek net betyds gereed om eers saam met manlief dorp toe te gaan om persente te koop – en dan na die partytjie waarheen beide van ons genooi is.
Gaan ek dit weer gebruik?
Ek dink nie so nie.
Ek het nogal goed gestres dat my hare sommer die pad gaan vat, in klosse gaan uitval, net omdat hulle bang is ek vang ooit weer so iets aan.
En manlief se kommentaar toe hy hoor dit is veilig in die asblik, dat ek nie kan vergeet en weer ontnugter word nie?
Hy wil dit asseblief hê, sy kopvel voel droog.
Nou ja toe, gee gaan ek gee.
Ek moet sien of dit op sy korter grys hare werk. En dalkies, net dalkies, wil ek sien of hy soos Elvis lyk? Of dalk hoe hy sukkel om die goed uit te was? Of dalk moet ek weet of hy ook skottelgoed- en wasgoedseep sal gebruik as niks anders werk nie …
Ha ha. Gelukkig het jy Sunlight liquid gehad dit werk vir alles!
LikeLiked by 1 person
Sjoe, vriendin, dit was ‘n nagmerrie
LikeLike
O wee, Christa, ek sou so gestress het!! ek het nou lekker gelag.
LikeLiked by 1 person
Ek was tot in my siel gestres. Wou naderhand maar met mussie gaan ….
LikeLike
Ag aarde, nou het ek lekker gelag 😄 … maar ek’s seker dit was nie snaaks terwyl jy allerhande “regmaak” middels probeer het nie! Laat dink my aan die advertensie: “Omo liquid. Just one small cap is enough”!
LikeLiked by 2 people
Hahahahaha, ek moes baie meer as een koppie gebruik. Dankie, ek moes net vertel
LikeLiked by 1 person
Ek sou nogal gedink het die asyn sou die truuk gedoen het, maar lyk my Sunlight liquid is maar dis wondermiddel
LikeLiked by 1 person
Jong, ek dink die twee saam met gehelp.
LikeLiked by 1 person
Hoe lekker lag ek nou! Omtrent n gedoente! Dankie tog vir Sunlight.
LikeLiked by 1 person
Dankie, tog, hoor. Ek sal nie weer so dom wees nie.
LikeLike
Sjoe! Wat ‘n gedoente! Ek hoop jou manlief vind baat daarby! 🤭
LikeLiked by 1 person
Jong, ek was raadop!
LikeLiked by 1 person
My dogter het ‘n dik bos krulle gehad, het nog altyd. Toe sy klein was, was dit lank. Sy het ook iets vetterigs in haar hare gesmeer, dalk ook ‘n treatment of iets. Omtrent die hele potjie. En daai tyd het ons 2 in 1 shampoo gebruik. Hoe meer ons was, hoe meer conditioner sit ons in. Dit was ook ‘n vervolgverhaal om haar hare skoon te kry.
LikeLiked by 1 person
Wat het julle gedoen? Die skottelgoedseep en wasgoedseep het my gehlp, maar na baie wasse.
LikeLiked by 1 person
Ons het maar gewas met 2 in one. Oor en oor
LikeLiked by 1 person
hahahahaha
LikeLiked by 1 person
Wat ‘n ding om oor te kom! Ek is bly jy kon ‘n oplossing kry!
LikeLiked by 1 person
Jô, dit was moeilik om die sepe te vertrou, maar skoon moes my hare binne uur kom.
LikeLike
Lekker lag ek vir die petalje. Wat sê hulle: “Beauty is painful” of so iets
LikeLiked by 1 person
Jong, en painful om mooi te lyk is nie meer my motto nie
LikeLike