O my jitte, ek kan my slap lag vir kleinkind. So ry ek en hy en sy ma Sondag na die klubhuis, ek sit agter by hom.
Ek sit my hand op sy beentjie, hy sê ouma se naels is skerp.
Ek vra verskrik of ek hom gekrap het, hy antwoord dat ek nie het nie.
Ek vra of my naels mooi is en hy antwoord beslis: “Nee!”
Ek weet nou nie wat intussen gebeur het nie. Laas was my naels nog so mooi dat ek syne moes verf saam met myne. Wat natuurlik veroorsaak het dat ek nie weer voor hom verf nie. Ek dink nie dit is snaaks om seuntjies se naels te verf nie.
Ek het aaklige storie daaroor.
So lees ek een keer in die plaaslike koerant in Welkom van seuntjie (klein) wat dood aangetref is, rooi naels en rokkie aan. Toe ek die naam van die pa sien, het rillings langs my rug afgehardloop. Hy was in my klas jare vroeër. ‘n Regte skarmunkel.
Hy het kinders in die klas met ‘n passer gesteek en toe ek hom, na meer as een keer se raas, hoof toe vat, moet ek hoor dat ek nie van hom hou nie, daarom jok ek oor hom. Die hoof het nogal sy storie gekoop.
Dit is nou dieselfde hoof wat vir my gesē het ek moet kies, of ek hou skool of ek studeer verder, Nie beide nie. Dit is nou nadat ek geen studieverlof gevra het nie, ek het Desembers geleer en Januarie eksamen geskryf voor die skole begin het. Daardie jare is getroude vrouens kwartaalliks aangestel. Toe kry ek pos by Vista Universiteit, en toe die aanstellingsbrief kom, moes ek al drie dae gelede begin het. Aangesien die rooikop gesê het ek moet kies, het ek. En kennis gegee dat ek die volgende dag nie meer daar sal wees nie. Hy het my van onprofessionalisme beskuldig en gesê hy sal sorg dat ek nooit weer ‘n pos kry nie. Wel, hy was. Sommer baie. Het my voor keuse gestel as ek nie eens geweet het of ek die volgende kwartaal ‘n pos het nie. Ek het daarna elke keer ‘n pos gekry as ek aansoek gedoen het. Hy was toe net so swak in sy oordeel van onderwysers as kinders.
Die seun, wat toe ‘n pas was, het sy eie seuntjie se naeltjies rooi geverf, vir hom ‘n rokkie aangetrek omdat hy gehuil het en … hom doodgeslaan. Ek wonder so baie kere wat sou gebeur het as die hoof hom vasgevat het, gestraf het. Sou hy nie dalk waardevolle lesse geleer het nie? Sou ‘n seuntjie dan nie met sy lewe geboet het nie?
Iergeval.
My naels is nou lelik volgens ons kleinseuntjie. En ek lag my slap daarvoor. Ek het dit juis die oggend baie korter gesny. Plat bo geveil. Ek hou niks van die skerp naels wat tans mode is nie. En ek het dit ‘n goeie donker pienk geverf.
Ek hou van my naels.
Hy gaan eendag weer van mooi geverfde naels hou.
Goeie goed vir eendag as die onthou in vergeet verander het.
Hoofoto: Naels luk amper so, net meer pienkerig. Rooi is in elk geval ook een van my gunstelinge.
So jammer van die ou seuntjie.
Ek hou ook daar an my naels te verf. 💅
LikeLiked by 1 person
My hart was stukkend, hoor, ek het so gehoop ek is verkeerd en dit was nie hy self nie. Hulle het ander storie gespin, maar waarheid het uitgekom.
LikeLike
Dis hartverskeurend. Hoe kan mens dit aan n kind doen?
LikeLiked by 1 person
Geen idee nie, dit was vir my skrikwekkend
LikeLike
🤦
LikeLike
Omdat ek altyd die spesiale klasse in hoërskool gekry het kan ek baie rillers vertel oor kinders wat weens omstandighede uitdraai in die verkeerde lewensbaan as mens so kan sê. Ek het nie besef die skerppunt naels is in die mode nie. Skoondogter(veronderstel om boervrou te wees) se naels het sulke skerp punte en goed wat so driedemensioeneel opstaan bo-op nael. Gril my eintlik dood. Gelukkig nog geen aanmerking gemaak nie.
LikeLiked by 2 people
Dit is mode hoor, en baie lelik. Ja, Scrapy, ek dink jy het dan ook aaklige stories om te vertel.
LikeLiked by 1 person
Dis n baie hartseer storie….maar ek dink die mooi naels lyk goed.
LikeLiked by 1 person
Dankie, ek wens ek het dit nooit geweet nie. Dankie vir die naels.
LikeLiked by 1 person
Ag, die storie oor die ou seuntjie is verby hartseer … sjoe, hoe kan mens dit aan jou eie kind doen? My naels is nooit geverf nie – ek woel te veel in die water – maar wanneer ons uitgaan na ‘n spesiale plek, sal ek ‘n kleurtjie opsit. Ek dink kleinseun gaan, wanneer hy groter word, beslis baie van sy ouma se naels hou 😉.
LikeLiked by 1 person
Ag dankie, hoor. Ek lief die ou seuntjie baie.
LikeLiked by 1 person
Ek’s mal oor kinders se eerlikheid. Maar jou ervaring met die japsnoet van jare gelede, is erg!! Arme kind. Volwassenes het hom gefaal.😥😥
LikeLiked by 1 person
Ek dink ook so Elsabe, die stelsel het hom gefaal.
LikeLiked by 1 person
Jinne mens kry buffels in die werksplek
LikeLiked by 1 person
Mens kry, en dit is so jammer, hulle moet op skool geleer word
LikeLiked by 1 person