Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Kinderpret: Die rooi kar se enjin sukkel

Die kinders het ons vanoggend by die kerk gekry. En toe ons wil ry, wil kleinseun saam met ons ry.

Maar, mamma word aan die hand getrek, sy moet saam. So klim hulle aan die een kant agter in en ek natuurlik aan die ander kant. Met kleinseun in die middel.

En toe laat hy my weer skater van die lag.

Daar was ‘n rooi karretjie aan sy kant geparkeer, ek was so besig om te kyk en te praat dat ek niks gehoor het wat by die karretjie aangaan nie. Maar hy het alles gehoor!

“Ouma die rooi karretjie se enjin sukkel” sê hy.

Ek herhaal om seker te maak ek het reg gehoor, want dit is nou nie wat ek verwag het hy gaan sê nie.

En toe herhaal hy en vervolg: “Ja, dit maak so hmmmmmm, hmmmmm en hy druk dit so uit.

Ai tog, ek geniet die kind so baie. Wens ek was nogso oplettend – dat alles om my iets is om te vertel.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

10 gedagtes oor “Kinderpret: Die rooi kar se enjin sukkel

Lewer kommentaar op Dr Christa van Staden Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.