Gepubliseer in Joernaal

Die verevrou: ‘n Voorgeskrewe boek vir kinders?

Netwerk24 het oulike luisterboeke. Die maandelikse een verdwyn aan die einde van die maand.

Vir hulle maak ek tyd as ons ry. Manlief gesels nie en maak my ook stil as ek aan iets dink en begin praat en hy luister nuus. Iets waarvoor ek my vreeslik wip. Toe gesels Toortsie oor luisterboeke en onthou ek dat ek dit op Netwerk24 se toep kan doen – luister na boeke.

So kan ek my lus vir gesels laat vaar om na ‘n boek te luister. Sonder om gepla te word … ek kan net luister en inleef in ‘n ander wêreld.

Doolhof was baie interessant, ek het die manier geniet waarop twee stories vervleg is. Ook dat hy gered is net voor hy onverantwoordelik is.

Ander was ook interessant en lekker om te luister. Soos die blou van onthou.

Daar is ook bloktyd luisterverhale en hulle verdwyn nie aan die einde van die maand nie. Ek het onlangs begin om na die voorlesimg van Die Verevrou te luister.

Ek het in 2007 laas skool gehou, dus weet ek nie wat tans voorgeskryf word vir die taalklas nie.

En sommer in hoofstuk 1 het ek al besluit ek gaan nie verder luister nie.

Die boek is deur ‘n man geskryf. En dit is miskien die probleem. Want toe die 7-jarige dogtertjie vir die ouer vrou staan en kyk en die grootte van die vrou se “tieties” met ander vrouens s’n vergelyk en ook onnodige detail oor die “driehoekie” gee, het ek klaar geluister.

Wat de ongeluk!

Ek weet nie of die skrywer dink dat dogtertjies so is nie, maar ek kan vir hom vertel dat dit nie die geval is nie. Ek het as oudste dogtertjie in ‘n huis van vyf groot geword en ek weet dat ons nie op 7-jarige ouderdom belangstelling getoon het in ons ouer niggies se kaal lywe nie.

Ons het nie gestaan en kyk nie.

Ons het ook nie vergelyk nie.

Miskien eers toe ons self begin ontwikkel het. Maar, toe het ons steeds nie by ouer vrouens (of vriendinne) gestaan en kyk en vergelyk nie.

Dus her die skrywer my belangstelling net daar verloor.

Veral omdat die toneel in die vroeë jare van die vorige eeu afgespeel het. Toe vrouens nog werklik preuts en kuis was. Ek het heelwat later grootgeword. En toe was vrouens steeds preuts.

Dus vra ek toe in my groep vir onderwysers hoe onderwysers oor die boek voel. En die meeste stem saam met my.

Onvanpas vir tieners.

Genade tog, ek weet mos hoe het die seuns my lyf onderlangs dopgehou. En hoe orig was ‘n standerd 7 seun en meisie in my klas. Sonder dat ek dit gesien het. Sal ek ooit daarvan vertel?

Ek kan nie vir een oomblik glo dat die seuns nie dan my geklede lyf en die van die meisies in die klas gaan bestudeer om vergelykings oor privaatdele te maak nie.

Een onderwyseres het geskryf dat haar klasse die boek baie geniet het. Ek kan nogal dink waarom. En dat daar baie lewenslesse in die boek is. Ek kan vele boeke met baie goeie lewenslesse aanbeveel. Sonder dit wat my klaar afgeskrik het om die boek te luister.

Gaan ek luister om ‘n beter oordeel te fel?

Ek twyfel.

Net so min as wat ek “goeie” stories vol eksplisiete seks kyk, lees ek boeke daaroor. As die storie so goed is, is die eksplisiete tonele onnodig en onvanpas.

Buitendien, my verbeeldig het geen probleme nie. Ek hoef dit nie werklik te sien nie.

En ek wys nie sulke stories of lees sulke boeke vir kinders nie. Dit is onvanpas.

Dit is dan my sent of twee oor die boek. As ek wel verder luister, sal ek weer daaroor skryf.

Vir nou het ek baie beter goed om te doen as om ‘n boek verder te luister wat my klaar erg afgesit het.

Veral omdat kinders dit moet lees, of hulle wil of nie.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

10 gedagtes oor “Die verevrou: ‘n Voorgeskrewe boek vir kinders?

  1. Ons het Raka op skool gehad. Sekere klein deeltjies is uit die skooluitgawe weggelaat. Ons onderwyser het ons dit laat inskryf. Maar dit was werklik so subtiel in vgl met vandag se goed.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op ekmyselff Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.