Ek moet bieg, ek was iets soos 2011 of 2012 laat in ‘n gim. Dalk is dit nie ‘n nuwigheid nie, maar sjoe, ek moet eers hieroor skryf. Want dit is beslis ‘n aardigheid.
Ek het dit die eerste keer opgemerk toe ‘n vrou op haar maag lê op een van die masjiene en haar boude so in die lug is. In ‘n beige broek met ‘n donker toppie. Vir ‘n oomblik het ek gedink sy het die broek vergeet, want die boude het soos kaal boude met ‘n g-string gelyk.

Nou merk ek dit meer gereeld op, veral as een met so ‘n broek voor my om die baan stap. Ons gim het ‘n 200 m rondtebaan bo in die lug waar ons eers opwarm.
Ek sorg dan maar dat ek spoed optel, want glo my, agter sulke uitgestalde boude wil ek nie loop nie.
Ek sien dat sommige van die broeke geadverteer word vir joga, maar ek sien nie waarom dit nodig is nie. Ander word boud-opligters genoem.
Die broeke met die plooie om dit dieper in die boudgleufies te laat intrek, is vir my die ergste (hooffoto).
Vir my is dit baie lelike broeke.
Maar, ek wonder of dit bedoel is om mans aan of af te sit.
Hoe veilig is hulle as hulle met sulke klere in die straat af gaan om na hulle motors te gaan?
Iedergeval, dalk is ek sommer net baie preuts en baie outyds. Maar, my broeke kruip nie so in nie. Inteendeel, ek sorg dat hulle soos broeke sit. En dan kan ek ook nie help om my hemp af te trek as ‘n man agter my stap nie. Ek hou nie van ‘n fokus op my boude nie …
Verrassend genoeg, verkies die meeste van hierdie vrouens ligte broeke, seker om hulle boude nog groter te laat vertoon?
Mis ek iets?
Die nuwe fokus op boude eerder as borste?
Self sal ek dit definitief nie dra nie.
Hooffoto: Tong in die kies, vra ekke: “Aambeie?”
O my wereld! Nee, dan is ek maar saam met jou preuts 😬 …
LikeLiked by 2 people
Dit is besonder lelik, vir my altans. Nie eens mens se broekiekouse sit so as dit aangetrek is nie. Lekker kan dit nie wees nie, ek kan my nie indink hoe ek sl kan oefen as my oefenbroek so inkruip nie. Maar, ek berstaan nie waarom soveel vrouens dit dra nie.
LikeLiked by 2 people
Ek is dan saam met jou en Corna preuts. Ek dra beslis nie sulke oefen broeke nie! Nog minder kort toppies! Ai die mense darem!
LikeLiked by 1 person
Jong, ek wonder of meisies nie besef dat ons land gevaarlik is nie.
LikeLiked by 1 person
Ek wonder ook!
LikeLiked by 1 person
Gisteraand kyk ek ene weer so. Die spanbroeke lyk soos g-strings daar waar dit intrek. En hulle dra kort toppies daarny, die boude moet oop wees.
LikeLike
Kyk daai pienkes!
LikeLiked by 1 person
Hou jy daarvan? Ek dink ek moet net nie daagliks in die boude vaskyk nie …
LikeLiked by 1 person
Hou ek daarvan? Sjoe! Genade!
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam, Toortsie, ek moes net seker maak. Net-nou beledig ek vriendinne wat daarvan hou se klere. En dit mag ek nie doen nie.
LikeLiked by 1 person
Jong, soms as ek gewig opgetel het, neig my broeke ook verkeerd wil trek, maar dis nie doelbewus nie! 😅
LikeLiked by 1 person
Verkeerd intrek, hoe lekker lag en nou daarvoor. Mens se broeke neig, maardie soort wat selfs plooie het om dit dieper te laat intrek is onaardig.
LikeLike
Erg!
LikeLiked by 1 person
Dit is huis die meisies met d9e baie groot boude wat dit so dra. Gelukkig maak hulle die boobs darem mooi toe.
LikeLike
Daai pienke lyk kompleet soos n poepol – sorry, julle 🤣😂
LikeLiked by 2 people
Met aambeie? Ek lag nou lekker vir jou beskrywing.
LikeLiked by 1 person
Hiehiehie!
LikeLiked by 1 person
Nee dankie, gaan verby. Dit is afskuwelik lelik!!
LikeLiked by 2 people
Ek is so bly jy stem saam met my. Alles wat mode is, is nie noodwendig mooi nie. Kan jy jou voorstel as hulle begin sweet …
LikeLike
Ai… jaloerse ou tannies. 😜
LikeLiked by 1 person
Lag ek nou lekker, nee, nog nie gesien waarop ek jaloers is nie. Kry eerder skaam namens hulle.
LikeLiked by 1 person
Goeiste… 😣🤦♀️🤦♀️
LikeLiked by 1 person
Elsabe, ek dink nie die meisies kyk regtig mooi voor hulle aantrek nie. Ek sien wel dat hulle baie min oefen, seker maar oor sweet wat nie daar mag vorm nie?
LikeLiked by 1 person
😂
LikeLike