Gepubliseer in Joernaal

G-string oefenbroeke in gim

Ek moet bieg, ek was iets soos 2011 of 2012 laat in ‘n gim. Dalk is dit nie ‘n nuwigheid nie, maar sjoe, ek moet eers hieroor skryf. Want dit is beslis ‘n aardigheid.

Ek het dit die eerste keer opgemerk toe ‘n vrou op haar maag lê op een van die masjiene en haar boude so in die lug is. In ‘n beige broek met ‘n donker toppie. Vir ‘n oomblik het ek gedink sy het die broek vergeet, want die boude het soos kaal boude met ‘n g-string gelyk.

Nou merk ek dit meer gereeld op, veral as een met so ‘n broek voor my om die baan stap. Ons gim het ‘n 200 m rondtebaan bo in die lug waar ons eers opwarm.

Ek sorg dan maar dat ek spoed optel, want glo my, agter sulke uitgestalde boude wil ek nie loop nie.

Ek sien dat sommige van die broeke geadverteer word vir joga, maar ek sien nie waarom dit nodig is nie. Ander word boud-opligters genoem.

Die broeke met die plooie om dit dieper in die boudgleufies te laat intrek, is vir my die ergste (hooffoto).

Vir my is dit baie lelike broeke.

Maar, ek wonder of dit bedoel is om mans aan of af te sit.

Hoe veilig is hulle as hulle met sulke klere in die straat af gaan om na hulle motors te gaan?

Iedergeval, dalk is ek sommer net baie preuts en baie outyds. Maar, my broeke kruip nie so in nie. Inteendeel, ek sorg dat hulle soos broeke sit. En dan kan ek ook nie help om my hemp af te trek as ‘n man agter my stap nie. Ek hou nie van ‘n fokus op my boude nie …

Verrassend genoeg, verkies die meeste van hierdie vrouens ligte broeke, seker om hulle boude nog groter te laat vertoon?

Mis ek iets?

Die nuwe fokus op boude eerder as borste?

Self sal ek dit definitief nie dra nie.

Hooffoto: Tong in die kies, vra ekke: “Aambeie?”

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

24 gedagtes oor “G-string oefenbroeke in gim

    1. Dit is besonder lelik, vir my altans. Nie eens mens se broekiekouse sit so as dit aangetrek is nie. Lekker kan dit nie wees nie, ek kan my nie indink hoe ek sl kan oefen as my oefenbroek so inkruip nie. Maar, ek berstaan nie waarom soveel vrouens dit dra nie.

      Liked by 2 people

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.