Gepubliseer in Joernaal

Bye laat my skrik …

Anne deel nou die dag die mooiste foto’s wat sy van bye geneem het. En gister sit ek en koeldrank drink toe die bye my kom besoek.

Kleinseun het op die speelrame gespeel. En ek het ‘n koeldrank bestel. Cola tonic en soda. Toe kry ek ‘n blikkie soda en ‘n blikkie Indian Tonic. Hoe sy daarby uitgekom het, weet ek nie. Maar ek besluit toe om so te hou.

Die Indian Tonic het due bye getrek. En ek het ewe braaf gewaai en vingers geklap om hulle weg te jaag toe kleinseun by my kom staan. Eintlik is ek doodbang vir die angel van ‘n by.

Ja, ek weet mens krap dit uit dan is die seer minder as uittrek. Maar, sy pa is allergies vir bye. Mens weet nooit of hy ook is nie …

Hier is foto’s van my iPhone af, dit is mie so pragtig soos Anne s’n nie, maar mens kan darem die aartjies in die vlerkies sien. En ja, Anne, ek het juis aan jou foto’s gedink toe ek my kamera gryp en kyk of ek ietsie van die vinnige bytjies kan vasvang.

Dit is nie asof hulle stilsit vir ‘n foto nie ….

En so sien ek so pas dat Nog ‘n blogvriendin vandag ‘n foto van bye tussen haar foto’s van goggas deel. Dus het ek gou kom verander om jou by te voeg en deel ek my bye sommer ook met jou Nowathome!

Ek oorweeg nogal om nuwe foon met beter kamera te kry. My iPhone was in 2019 geskenk vir my verjaarsdag van manlief toe ons Nursultan, die hoofstad van Kazakhstan gaan besoek het. En my hart wil nie daarvan afstand doen nie. Dalk moet ek ‘n bystand ene koop?

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

11 gedagtes oor “Bye laat my skrik …

  1. Ek kan nogal simpatiseer hiermee, ek is net so bang vir bye, veral Scutalata heuningbye omdat mens hulle al op ‘n afstand kan hoor aankom. Hulle is ook meer agressief as ander heuningbye soos die Kaapse bye. Scutalata word ook soms in Engels as Killer Bees beskryf. Op my pa se plaas het ons jare lank so ‘n swerm in ons motorhuis gehad. As jy ‘n swerm het, is dit moeilik om van hulle ontslae te raak, want roei jy een swerm uit dan trek ‘n volgende trekswerm net weer in. Die vorige inwoners los ‘n reukspoor wat die nuwes aanlok.

    Liked by 1 person

  2. Ek is nie seker of swaeltjies ook aangetrek kan word deur die reuk van vorige swaeltjies in ‘n seker plek nie. Wat ek wel van hulle weet is dat swaeltjies geneig is om elke jaar na dieselfde plekke hier en oorsee te trek om nes te bou en te broei. Dieselfde swaltjies wat by jou huis nes maak het ‘n sekere huis oorsee waar hulle ook sal nes maak.
    Hier is ‘n wikipedia skakel oor daardie bye wat ek vanoggend van gepraat het. 0833253745

    Liked by 1 person

  3. Ek is nie seker of swaeltjies ook gelok kan word deur die reuk van vorige swaeltjies nie, maar weet wel dat swaeltjies wel ‘n gunsteling plek hier en oorsee het waarheen hulle trek. Dieselfde swaeltjies wat by jou huis nes maak het ‘n ander huis oorsee waar hulle ook verkies om nes te maak en te broei.
    Hier is ‘n skakel na die bye waarvan ek vanoggend gepraat het. Vee asb die vorige kommentaar uit, daar het ongelukkig ‘n nommer in plaas van die skakel verskyn. https://en.wikipedia.org/wiki/East_African_lowland_honey_bee

    Liked by 1 person

  4. Ja, die Kaapse werkersklaswyfies steel mannetjies by die Scutellata koningin en kry kleintjies wat nie te gewillig is om te help werk in die nes soos die ander nie. Wonder net wie was die mense wat die Kaapse bye verder noord gevat het sodat dit nou ‘n probleem vir byeboere is.

    Liked by 1 person

  5. Jy’t heel goed gedoen om die bye af te neem. Ek loer hulle ook maar net altyd van ‘n afstand af – ek’s by twee geleenthede deur ‘n by gesteek (een keer het ek kaalvoet in een getrap en die ander keer het dit binne-in die skoon wasgoed op die draad geskuil en het ek hom per ongeluk in my hand gedruk). Dit het vreeslik geswel en was vir dae daarna nog seer – dalk is ek effe allergies daarvoor, so ek bly maar versigtig.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.