Ek sit vandag so en dink, raak ek te gemaklik?
Ek bestel deur Takelot en die pakkie word binne ‘n dag of ses by my voordeur afgelewer. ja, ek moet oor ‘n sekere bedrag koop om dit gratis afgelewer te kry , en ek moet seker maak of iets dadelik beskikbaar is of eers binne 5-7 dae. Want as een item langer gaan vat om afgelewer te word, beïnvloed dit die datum waarop my pakkie afgelewer gaan word. En soms soek ek van die goed die volgende dag, wil ek nie week wag nie. Maar dan weer, ek wag selde ‘n week. Shilo se doeke is vandag afgelewer, dit sou eers volgende week Woensdag hier wees.
Is dit nie oulik nie? Die doek?

Dit het noodsaaklik geword. Hy pieps sy beentjies nat omdat hy nie meer so lekker kan beenlig nie. En dan stink hy erg. Ek moet hom dan bad en maak hom seer in die proses. Nou gaan dit beter, ek sit hom in die stort vir die bad. Ek is ook minder bekommerd oor pieps wat in my seerplekke op my hand kan ingaan. Want, ek was my hande gaar nadat ek sy meds vir hom gegee het.
Ek het eers met weggooidoeke getoets om die regte grootte te kry. Dit kos R200 vir 12, ‘n duur toets, maar noodsaaklik. Die nuwe doeke het vandag gekom en is sooooooo oulik, Dit is nie panty-agtig soos die wat ek vir BB laat dra het nie. Sy het Pampers gedra, met ‘n gat vir die gaatjie en die stert. Sy pieperdingetjie pieps reg verby sulke doeke. Hierdie is amper soos ‘n verband en maak op die rugiie vas. Dus kan my ou kindjie ook beter ruik. Die doeke help baie.
Bekka en Shilo was noiit sulke goeie maatjies soos nou nie. En bekka het sy plek ingeneem, wonder of hy en Shilo daaroor gesels her? Want Bekka is nou my skaduwee …
Ek bestel my hondekos deur Petheaven. Wat ‘n fees? Ek betaal nie net minder as by die veeartse en troeteldierwinkels nie, die swaar pak word ook in my huis neergesit. Ek hoef dit nie in my kar in of in my huis in te sukkel nie. Dit is gemaklik.
Ek het al deur Checkers en Pick-n-Pay bestel. En dit is baie lekker as ek iets nodig het en nie self kan ry nie. Maar, as ek dit doen moet ek betaal … en ek verkies nogal om my groentes en vrugtes self uit te kies. Maar, hulle doen ‘n goeie werk, dit is beslis die moeite werd.
So van een van die afleweringsmotorfietse gepraat. Dit was Woensdag my skuld dat een agteruit moes ry by die hek van die landgoed, en toe ry hy so teen ‘n ander motor vas. Ek het geen stamp gehoor nie, weet nie of dit gekrap het nie. Maar die twee manne het agteruit gery dat ek uit kan kom omdat die simpel hek nie vir my wou oopmaak nie – die kamera was foutief. En toe voel ek soos een groot skurk.
Stop ek ook om te hoor hoe ek kan help? Dit was indirek my skuld? Maar, toe doen ek dit nie, beter dat die twee manne dit uitpraat? Ek het nie die stamp toegedien nie. Tog voel ek erg skuldig.
Ek bestel my oorfone en goed ook oor die pos, en dikwels bestel ek van Amazon af. Die lekker hiervan is dat beide Takealot en Amazon goeie beleid in plek het. As dit stukkend is of nie werk nie of nie is wat ek verwag het nie, kan ek terugstuur en die geld is of terug in my bank, of wag as krediet as ek weer wil koop.
As ek nie met iets tevrede is wat ek by winkels gekoop het nie, is dit een lang en pynvolle proses om om te ruil om geld terug te kry.
Dus wonder ek: Is ek regtig gemaksugtig?
Op jou vraag: Nee, jy raak nie gemaksugtig nie. In die proses gee jy werk vir iemand.
Ek bestel ook gereeld by Takealot, meestal kantoorbenodighede. Ek maak ook van Checkers 6060 gebruik. Ek verkies nog om self deur die winkel te loop, maar as ek mense kry en my tyd is min, werk Checkers se afleweringsdiens wonderlik. Ek kan solank met my goed aangaan solank hul my goedjies bring. Hul is altyd binne ‘n halfuur hier.
Checkers is ook ‘n wonderlike manier as jy iemand anders wil bederf. Bestel die goedjies en laat dit deur hulle aflewer. Maklik!
LikeLiked by 1 person
Hulle is beslis, maar as ek bestel, dan betaal ek. Dus gaan koop ek liewer saam met manlief en hy betaal.
LikeLiked by 1 person
🤣😂
LikeLike
Hier by ons is dit regtig baie erg. Ek vertrou net nie al die apps nie, om eerlik te wees hoe smarter technology raak, hoe meer rebels raak ek. Hier sê hulle sommer reguit in die winkel “download our app of scan our code and pay with your phone…” dan hoor ek niks daarna nie, ek rev in die rooi. Maar ja, hang af hoe ek voel, sekere goed is baie lekker om sommer netso te kry, daar druip ek die marshmallow toets erg. Ek sit so half op die draad met die een…Het so mooi ding gelees ” every comfort is a skill lost”.
LikeLiked by 2 people
Dit is waar, daai skills lost ene, veral met kletsbotte wat nou sommer namens mense dink en navors en skryf. Ek doen ook nie apps nie en betaal nie met my foon of horlosie nie.
LikeLiked by 1 person
Jy moet nie praat oor daai kletsbot nie. Wonder of mense besef die klomp wat dit nou gebruik gaan na hulle kyk eendag in alle werke en dinge. Praat van verlies van ons mensdom en dit wat ons nog mens maak. Moeilik, ek voel so tussen gemak en ” not built for this world”🫣😄
LikeLiked by 1 person
Ons bestel ook van Takealot en was tot dusver baie tevrede met hulle diens. Sou my baie meer geckos het om Kaapstad toe te ry vir die spesifieke items wat nie hier by ons op die Weskus beskikbaar is nie.
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam, goed kom by mens uit. Soos by ona vakansiehuis. Maar, ek bly naby aan alles wat omtrent te kope is. daarom ditnk ek ek raak baie lui …
LikeLike
Nee, ek dink so nie. 😃 Ek dink mens spaar baie tyd en geld so!
LikeLiked by 1 person
Dit is waar, veral tyd.
LikeLike
Beslis, het juis te min tyd om als te doen met al die loadshedding nie!
LikeLiked by 1 person
Ons gaan sonkrag insit, dit raak noodsaaklik om ons masjienerie enrekenaars en internet te beskerm.
LikeLike
Ja ons sal dit verseker ook moet doen🤔
LikeLiked by 1 person
Nee wat…ek bestel elke 2 weke by Checkers kruideniersware en ek kry binne n halfuur my pakkies. Ek is nie saam n ongeduldige man wat almal skouer nie en ek loop nie en soek nie. Ek bestel so ver as moontlik als.
LikeLiked by 1 person
Jong, daai is waar. My man is egter lekker met inkopies, hy laai saam in.
LikeLiked by 1 person
Mmmm…..daai inlaai oorskry gewoonlik my budget, daarom is internetaankope vir my ekonomieser🤣🤣🤣
LikeLiked by 1 person
Moet jy betaal? Dan los ek hom by die huis. My man betaal – maar raas soms as ek te veel inpak. Ander kere moedig hy my aan.
LikeLiked by 1 person
Ekke is die broodwinner….so ek voel soos die ma…
LikeLiked by 1 person
Ek kry jou jammer, sterkte
LikeLiked by 1 person
Ek voel nou soos Noag hier tussen julle. Ons het nog nooit van die motorfiets afleweringsdienste gebruik gemaak nie (en dis nie asof een van ons van inkopies hou nie), maar ek hou net daarvan om self deur die rakke te stap (met my lysie) en te kies tussen wat beskikbaar is. Ek kan dalk ook op my een hand tel wat ons deur Takealot of Amazon bestel het. Maar die kere wat ons hulle wel gebruik het, was die diens spoedig. Gemaksugtig? Nee wat, ek glo nie – dalk net slim 🙂.
LikeLiked by 1 person
Dalk net, hoor. Gister kort ek melk, wil nie met kleinkind dorp toe nie en bestel by PnP. Toe ek weer sien is dit hier, moeiteloos.
LikeLiked by 1 person
Daar is nie aflewering by die huis nie, so ek koop so nou en dan op die internet en dan kom pak hulle alles in my bagasiebak. Deesdae is ek baie lui vir kruideniersware aankoop, ons koop in elk geval ons vars vrugte en groente meestal by Jasmyn en hulle het nog nie ‘n app nie, lol
LikeLiked by 1 person
Jasmyn, hoe laat jy my nou verlang!
LikeLiked by 1 person