Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Onse kleinkind bid!

Ag aardetjie tog, ek het my kleinkind amper opgeëet Donderdagaand. Dit het so gekom:

Maar laat ek eers die agtergrond skets. Kleinkind was toe so twee weke in die kleuterskool. Hulle het die aand hier kom eet en skoondogter het gesê dat ek hom moet vra om te bid. Hy was op my heup.

Die volgende oomblik hoor ek:

“Vou handjies tesame” (en hy slaan die handjies styf in mekaar in

“Maak ogies toe” (en hy knyp die ogies styf toe.

“1 … 2 … 3”

“Vi die kossies wat ons eet”

“Vi die lessies wat ons leer”

“Sê ons dankie Liewe Heer”

“Amen”

Hoeveel jare het dit my nie teruggevat nie, naby aan 40? Dalk selfs meer?

Maar, ek is so opgewonde oor hoeveel die mannetjie in die kort tydjie geleer het. Hy is nog nie drie nie, en dit is ‘n baie lang gebedjie vir hom om te onthou.

En … hy praat basies net Afrikaans.

Die skool is baie verbaas oor sy besonderse kennis van Engels … en het ek dit nie reeds verlede jaar geweet nie?

Lief om te sien hoe die poppie van ons ontwikkel.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

8 gedagtes oor “Onse kleinkind bid!

Lewer kommentaar op Dr Christa van Staden Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.