Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Kleinseunpret: Bra bandjie

Seun, skoondogter en kleinseun was die feesseisoen by ons. En soos gewoonlik het kleinseun weer vir baie pret gesorg.

Al was hy in die vreemdste bui. Want hy het maklik ‘n vloermoer gegooi. Veral vir my … en dan het ek maar liewer afstand gehou. Want dit is nie lekker as almal my skeef aankyk en vra wat gebeur het as ek niks gedoen het nie. Seker maar omdat ek boeliegedrag verpes. En dit die indruk wek dat ek hom geboelie het as hy ontsteld raak. Ek sal nooit ‘n haartjie aan sy lyfie seermaak nie.

Inteendeel, my hare, lyf, siel alles kan maar skade ly. Solank ek hom veilig kan hou.

Iedergeval, so sit ‘n klompie van ons om die eetkamertafel en gesels. Klomp sluit seun se skoonma en -suster ook in. Skoondogter het gevra of hulle saam kon kom …

Kleinseun het skielik opgestaan en om die tafel geloop met so tergerigheid in sy stemmetjie. En “Ek gaan jou byt …” en dan het elkeen se arm krappievingers gekry.

Sulke vingertjies wat kielie en effens knyp as hy aan hulle arms vat.

Behalwe hierdie ouma.

Ek het ‘n bandjiesrok aangehad. En hy het agter om my stoel geloop.

Die volgende oomblik het ek geskree soos ek lag. Want raai wat het die karnallie gedoen?

Hy het my bra se bandjie getrek en laat skiet!

Ek kan werklik nie onthou wanneer laas in my lewe iemand so iets gedoen het nie. Want ek wip my op die plek oor die verleentheid dat my bandjies gewys het.

Dit kan mos net geskiet word as dit uitsteek. En onderklere mag in my tyd nie gesien geword het nie …

Manlief het dit nogal gedoen toe ons verloof was. En dan het ek my vreeslik geskaam daarvoor, En gewip.

Iedergeval.

Almal het geweet waarom ek so lag. Want die klapgeluid is duidelik gehoor.

Hy was reeds halfpad om die tafel om vir die ander krappie vinger te gee.

Seun het van iewers ingekom en ook gevra waarom ek so lag.

Net betyds om te sien hoe kleinseun dit vir ‘n tweede keer doen.

Al het ek vorentoe gesit dat hy nie kan bykom nie. Hy het net effens langs my kom staan en die rekkie weer geskiet! En weer net weggestap en die ander gekrappievingertjies!

Ek wou natuurlik weet waar hy dit sien. En seun het onskuldig gepleit. Hy doen dit nie.

Dus het kleinseun sowaar uitgewerk dat die rekkie gaan skiet as hy ouma se bra bandjie trek. En dit weer skielik laat los.

Ek glimlag steeds as ek aan my verleentheid dink. Want, skaam soos ek is, het ek my verleentheid oor die onverwagse skiet nogal prettig gevind.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

4 gedagtes oor “Kleinseunpret: Bra bandjie

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.