Sjoe, en hier moet ek nou ‘n tweede keer in twee dae skryf oor Suid-Afrikaanse sangers wat ek nie ken nie. En daarmee bedoel ek Afrikaanse sangers. En vergelyk ek sommer twee liedjies met dieselfde titel. Veral omdat Bok van Blerk wel bekend is.
Ek is mal oor hierdie liedjie van Gift en nou het hy nog ‘n bewonderaar. Pragtig verby, en ek geniet die video so baie. Wonder wat ek sou maak as seun ‘n slang agter my kom neerplak het? Gelukkig het hy in die stad grootgeword, maar hy het ‘n molslang in my hand gestop en ek het amper net daar die aarde gegroet, baie kwaad vir ‘n kollega – Gawie Schlebusch wat hom gehelp het met die skrikmaak.
Luister gerus na bloedbroers …
En lees meer oor hom by hierdie skakel.

Sanger en Liedjieskrywer Gift Matjila vier vriendskap in sy opregtste vorm met sy nuutste enkelsnit en musiekvideo. Gift het in 2020 sy eerste …
GIFT MATJILA: ”BLOEDBROERS TOT DIE EINDE TOE”
Dan is daar natuurlik my ander sanger se Bloedbroers, wat ook aan my hartsnare raak. Bok van Blerk …
Beide het pragtige stemme, ek kan nie kies tussen die twee liedjies nie.
Kan jy?
Vir my is Gift se lied die beter een, die verkeerde klem van “met my eerste knipMES” pla my veskriklik. Die pragtige video dra ook by tot die sjarme van die liedjie.
LikeLiked by 2 people
Dankie vir die saamgesels, ek geniet syne ook baie.
LikeLike
I’ll let you know when I’ve listened. Fair go?
LikeLiked by 1 person
Indeed.
LikeLike
Ek hou baie van Bok van Blerk maar dis die eerste keer wat ek een van Gift Matjila se liedjies hoor en ek moet se hy sing regtig baie mooi. Ek hou veral van sy musiek video – die twee klein seuntjies laat my baie dink aan my nefie en peetkind 🙂
LikeLiked by 2 people
Ek het dit ook so pragtig gevind. Mooi en skoon en sag en rein en kind en ek weet nie watter ander gevoelens ook nie.
LikeLiked by 2 people
Mooi bly mooi. Maak net jou oë toe en luister
LikeLiked by 2 people
Dit is so mooi.
LikeLike