Sukkel jy ook met ‘n toilet wat maklik vlek? Ek was raadop, want ons nuwe meenthuis se toilette vlek so gou dat ek dit sommer ‘n ruk los voordat ek weer daarmee sukkel om dit te probeer skoon kry.
Ons het duur goed van die rakke af gekoop, met geen geluk. Ons het Coke probeer, met min geluk. Ons het koeksoda en asyn gebruik, met meer geluk.
En toe sien ek vandag toevallig ‘n foto van ‘n baie vuil toiletbak en een konffelhuisie op die internet, met die volgende woorde:
Put into bowl and see what happens …
Ek is moeg vir goed wat geadverteer word en nie werk nie, dus het ek nie aandag daaraan gegee nie. Ek het nie eens op die skakel geklik om die res te lees nie.
Ek het al vertel dat ek dr Google oor alles raadpleeg, maar ek het tydens die pandemie besin. Ek glo bittermin wat op Google is … goeie raad oor medisyne teen covid word verwyder en een dialoog word met mag en mening gedryf. Tans gebruik ek eerder ander webblaaiers soos Firefox en Safari.
Want as daar een ding is wat die afgelope bykans twee jaar meer as toilette gespoel is, is dit die menslike brein …
Iedergeval, vanmiddag soek manlief ‘n gerooster broodjie met ham en kaas. Die ham is opgebruik en ek dog ek is verlos. Maar nee, dan soek hy een met tamatie, uie en kaas.
Ek ontdek die knoffel in die uie sakkie met een knoffel, ek vermoed kleinseun het vir ouma reggepak. En toe is ek eers met een skoongemaakte knoffelhuisie toilet toe. Dit was so 15:32.
En ek giggel vir my goedgelowigheid.
Daar gebeur niks … dit dryf bo.
Vies kyk ek nog so rukkie, toe was ek hande en gaan maak die geroosterde broodjie, maar vra tof vir manlief om osn kamer se toilet te gebruik.
En hy gehoorsaam.
Vanaand om 17:50 besluit ek om te gaan kyk.
Die tyd het gevlieg, want ons binge-kyk Ultimate Braaimaster op Netflix (eerste seisoen, nadat ons seisoen 6 verlede naweek gebingekyk het – 10 episodes op een dag. Oeps.
Toe ek wou gaan hande was, besluit ek om sommer te kyk wat in die toilet se bak aangaan.
Weer sien ek niks.
Die knoffelhuisie dryf steeds bo, die toilet is steeds gevlek.
Maar, dit wil voel of die vlekke anders lyk.
Geïrriteerd vat ek die borsel en skuur liggies aan die vuiligheid op die kante onder die water – net om te sien hoe ‘n spierwit toilet onder die lagie wag. Sonder ‘n gesukkel. My ander toilet is ook nou spierwit.

Net gister lees ek my Bybeltoep se leesplan wat praat oor twyfel en geloof. Dalk is dit tog op hierdie gebeurtenis van toepassing.
Ek is moeg gesukkel, lees nooit advertensies nie, maar die ene het my aandag getrek as ek met iets anders besig is.
Ek het dit goedgelowig ingegooi, en dadelik getwyfel aan die raat toe ek niks sien gebeur nie. Maar, die knoffel was nou gemors, ek kon dit maar net sowel los en kyk. Dus het ek tog nie te veel getwyfel nie, gedink ek moet net langer aanhou en kyk wat gebeur. Toe ek na vier ure steeds niks sien nie, het ek die borsel gevat en liggies geskuur. En … onder die water het die knoffelhuisie sy werk gedoen.
Soos wat die advertensie beloof het.
En skielik herinner dit my aan die Bybelteks oor geloof. Geloof en ‘n mostertsaadjie. Knoffel is wel groter as ‘n mostertsaadjie, maar ek verstaan na die toilet skoonmaakraat – wat die Here daarmee bedoel.
Glo net … sonder twyfel.
ek gaan dit beslis probeer. en ek vat sommer die les by.
LikeLike
Dit is ‘n raad wat ek niks van geweet het nie. Ek is bly om te sien dat die knoffel werk.
LikeLiked by 1 person
Ek gaan dit sommer in al my kos ook sit, wonder hoe dit probleme in die lyf kan uitsorteer.
LikeLiked by 1 person
11th Commandment ”Thou shalt keep thy garlic handy in the outhouse”
LikeLiked by 1 person
Indeed, I think it can clean bodies a well.
LikeLike
wow, dis ‘n unike idee.
LikeLiked by 1 person
Ek kan waarbord dat dit werk, sonder om te skuur.
LikeLike
Mooi man, dankie vir deel.
LikeLiked by 1 person
Wens ek het dit lankal geweet, die rivier se toilette sukkel.
LikeLiked by 1 person
Ek is so bly jy deel iets wat werklik werk. Die vals nuus en vals advertensies en vals beloftes maak van ons twyfelaars, ja. Dit het van my ‘n mens gemaak wat bewyse soek vir alles wat beweer word. Jy het bewyse gelewer. Daarom is dit so lekker om hierdie raat te ontvang. Dankie hoor!
LikeLiked by 2 people
Dankie, San, jy praat my hart se taal. Lekker om jou as vriendin te kon kry.
LikeLike
Jy is vir my goud werd op vele gebiede! 💖
LikeLiked by 1 person
Dankie vriendin
LikeLike
Ek gaan dit net môre doen, Christa.
LikeLiked by 1 person
Ek weet nie presies ho lank mens dit daar moet los nie. Dus is oornag dalk goeie idee, Una. Een enkele knoffelhuisie, afgeskil. Ek gaan naweek by rivier toets.
LikeLike
4 ure was genoeg vir die toilet waarvan ek foto geneem het.
LikeLike
Ek gaan die ook probeer, ons harde water maak dat alles vlek, toilette, baddens als
LikeLiked by 1 person
Ek weet nie waarom ons goed so vlek nie, maar dit werk beslis.
LikeLiked by 1 person