Gepubliseer in Joernaal

Ek is ‘n goeie leermeester …

Ek besef vandag weer dat ek ‘n goeie leermeester is. Ek het my iPad in November 2019 gekoop toe ek in Suid-Afrika was. En iewers vanjaar het manlief vir my die Apple pencil gekoop.

Manlief het gedink dit is geldmors, hy kon nie verstaan waarom ek die twee wil hê nie. En om eerlik te wees, die pen word regtig min gebruik. Maar sonder hom kan ek nie klaarkom nie. Met hom teken ek dokumente, maar ek aantekeninge en hoef ek niks uit te druk om dit te kan teken nie.

Manlief is ou skool. Dokumente word uitgedruk en geteken.

Toe begin hy by sy nuwe werk – het ek al vertel – om van die huis af te werk. Hy hoef net Dinsdae op kantoor te wees. En dit is een van die lekkerste dinge van die pandemie. Werkesels soos my man kan van die maan af ook werk. Hulle staan vroeg op en begin lank voor 8:30 om al met die manne op die myn te kommunikeer.

Die probleem is dat hy goed kry om te teken, die drukker wou nie met die internet skakel nie en daarsonder is hy drukkerloos. Die dokument steeds op die rekenaar.

Ek sê toe vir hom hy kan dit vir my stuur, dan laai ek dit op my iPad af, hy gebruik my pen en dan teken hy soos op gewone papier. Eintlik baie lekkerder, want as jy ‘n fout maak, kan jy uitvee en oor begin.

Ek was so trots op my leerder dat ek sommer aangebied het dat hy met my iPad en pen kan werk. Die details om in te kom selfs gegee.

Maar my leerder was so beïndruk met die twee items dat ons dorp toe is om syne te gaan koop. En dit is een van die heerlikhede van weer in die stad bly. Ons naaste iStore is in Centurion Mall.

Ek het vir hom skermskote gemaak van wat hy nodig gaan kry. Die soort iPad, dat hy die groter skerm moet kies en dat hy kan kies tussen die een wat met slegs wifi en die een wat ‘n SIM-kaart ook gebruik. Myne het wel ‘n sim, maar dit is volgens hom onnodige uitgawes omdat hy sy iPhone kan gebruik om as wifi te dien. Ek het ook vir hom gewys dat hy ‘n omhulsel moet koop wat ‘n sleutelbord insluit. Dan het hy – soos my kleinseun van my iPad sê – ‘n rekenaar. En dan natuurlik die pen – hy is baie beïndruk daarmee en gebruik dit elke dag om op planne te skryf, en so meer.

En so het hy my hulp nie meer nodig nie.

Tot vandag toe hy ‘n nuwe probleem ontdek. Die agent het vir ons ‘n aanhangsel in MS Word gestuur. En hy kan dit nie teken nie, dit moet PDF wees. So kry ek die boodskap dat ek die vorm in ‘n PDF moet verander, sommer klaar teken en vir hom aanstuur.

En dit het ek gedoen.

Nou moet ek nog net vir hom wys hoe maklik dit is om ‘n Word dokument in ‘n PDF te verander.

Maar moet ek?

Ek geniet dit om die takies vir hom te doen.

Manlief se iPad en toerusting is natuurlik baie deftiger as myne. Ek het gekoop toe my iPad net uitgekom het. En die sleutelbord het nie liggies agter die sleutels nie, wat veroorsaak dat ek lig nodig het wanneer ek op die swart gevaarte werk.

Kleinseuns sal baie beïndruk met oupa s’n wees. Dit het liggies agter die sleutels soos my iMac en MacAir het.

Sal ek gaan koop?

Nee wat, dit is min moeite om ‘n liggie aan te sit om te werk.

Die sleutelbord is soos wat die padda wat die liggie by vuurvliegie wil leen, net heeltemal te duur. Met R8 000 kan ek baie doen as ek een het wat werk. En ook nie eintlik kan verniel nie, want daar is nie gapings onder die sleutelbord nie. Syne vou ook anders en kan nie soos myne heeltemal omslaan dat ek op die skerm self kan tik soos op ‘n iPad nie. As hy dit wil doen, moet hy die omhulsel afhaal, teken en weer oorsit.Heeltemal te veel moeite om myself te oortuig dat ek soveel geld gaan betaal vir ‘n sleutelbord.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

19 gedagtes oor “Ek is ‘n goeie leermeester …

    1. Jong, die man ken groot programme vir wiskundiges en wetenskaplikes wat my moeg maak net om na die rekenaar te kyk. As dit by sulke goed kom, gee ek die bal vir hom aan … hy is baie meer gevorderd as ek …

      Like

  1. Vandat ek begin verf het bly die afrigters vertel om procreate te gebruik om af te rond. Omdat dit a apple produk is kan ek dit nie gebruik nie. Het toe op einde( ai nou vergeet ek hoe dit genoem word) gekry want eintlik wil ek dit meer gebruik om goed op af te trek of net die instruksies te volg. Heel tevrede daarmee.

    Liked by 1 person

  2. Ek besef, gereeld, hoe dom ek is, met die goed. Met ons onlangse reise, gedink die roete aanwysings, sal nie werk, waar ons nie internet het nie, toe wys iemand ons dat hy tog werk. Die onkunde, het ons ‘n paar km onnodig, laat ry.

    Liked by 1 person

    1. Dankie vir die saamgesels, ons het so ervaring met Maps.me in. Mosambiek gehad. Dit het ons op onbegaanbare paaie gevat wat al met bosse toegegroei het. En die bakkie was lelik gekrap, toe tref ons nog boomstomp ook wat die bumper van die voorwiel aan my kant so beskadig het dat my deur nie kon oopmaak nie. Ons het geen keuse gahad as om te volg nie – want daar was geen internet nie. So is ons deur plekke waar mense met pangas langs die pad gestaan het om gras te kap, maar ek het gedink ons gaan iewers in ‘n pot opeindig …

      Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.