Gepubliseer in Joernaal

‘n Uitnodigende sitplek in Ust’-Kamenogorsk

Ek dink net hierdie week daaraan om ‘n sitplek foto te deel. Vir hierdie “pull out a seat” uitdaging. Toe ek vandag ‘n blogvriendin s’n sien, moes ek net kom en deel.

Hierdie foto is in een van die parke in Ust’-Kamenogorsk (ala Öskemen) in Kazakhstan geneem. Die park was soort van in die middel van manlief se paadjie huis toe. Ons het baie daar ontmoet dat hy sy middagete kan eet. Dan sit ons en kyk wat in die parkie aangaan.

Soms het kinders gespeel, ander kere is ouers met hulle kinders op skaatsplanke daardeur. Daar was altyd hierdie rustige atmosfeer, met ou ooms in weermag klere wat patrolleer.

Nie ernstig patrolleer nie, net kyk dat kinders nie vandaliseer nie. Of in blombeddings ingaan nie.

Ook dat ek nie oor grenslyne trap wanneer ek foto’s van naby wil neem nie. Daar is soveel mooi in die parkie.

Ek was altyd verras oor hoe vinnig alles onder ‘n wit kombers toegevou word.

En hoe vinnig plante na normaal terugkeer voor hulle weer onder ‘n dik sneeukombers toegemaak word.

Ek sal nog foto’s daarvan deel.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

12 gedagtes oor “‘n Uitnodigende sitplek in Ust’-Kamenogorsk

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.