Daar is – vir my – min goed wat so mooi soos die see is. Alhoewel ons nie naby ‘n see bly nie, is daar duisende foto’s van die see op my foon. En hierdie foto wat ek vandag deel, is maklik een van my gusntelinge.
Ons het in Januarie 2010 by my suster in Buderim, Australië, gaan kuier. Hulle bly op die sonskynkus (Sun Shine Coast). En toe vat ons die middelste week die trein na Sydney om die stad ook te verken. Ons het gedink ons gaan al die pad see sien tot ons in Sydney aanland. Maar ons het die meeste van die tyd net landskap gesien – en toe sommer maar geslaap.
In Sydney aangekom, was dit soos ‘n kultuurskok, ons het bykans net Sjinese gesien. Soveel anders as in Buderim, waar ons bykans geen Sjinese gesien het nie. Dit het gevoel of ons in Sjina gaan land het.
Een van die moets – volgens swaerie – was dat ons Bondi beach moet gaan besoek. Dit is half bekend vir vrouens wat bostukloos in die son baai. Ek sien dat dit een van die top 20 nudiste strande in Sydney is, maar dat mense net bolangs kaal mag gaan. Ek was allesbehalwe lus vir die strand, want ek sal nie self kaalbas loop nie en wil dit ook nie aanskou nie. Ek dink dat ‘n mooi bikini soveel beter lyk as kaalbors.
Daar was nie baie bostuklose mense op die strand nie, ek weet nie waarom nie. Ek het nou so bietjie gaan oplees oor die strand. G’n wonder ons het nie kaal mense gesien nie, ons het in die familie-sone gekuier. Die suidelike deel van die strand word blykbaar vir kaalbas gereserveer, en net daar mag bostukloos geloop word.
Ons het nie op die strand gelê nie. Ons het eerder al langs die strand gestap. En die mooiste foto’s van hierdie pragtige strand geneem. Met golwe wat die een na die ander in die baai injaag. En sulke miswolkies maak waar hulle breek.
Ek sal later nog foto’s van hierdie strand plaas. Veral van die uitgekerfde sandsteenformasies. Net daarvoor is dit ‘n plek wat besoek moet word.

Aletta, ek dink jy sal hierdie foto ook waardeer. Ek is bly ons het gegaan, ek het regtig pragtige foto’s geneem gekry. Van die see natuurlik.
Pragtige foto,Christa.Interessant die verskillende skakerings blou.
LikeLiked by 2 people
Dit was so mooi, ek het net foto’s geneem.
LikeLike
En dit nog voordat jy jou nuwe kameralens grhad het!
LikeLiked by 1 person
Ek het dit met die Pentax se zoom lens geneem – sy was toe ‘n nuwe speelding. Maar ek het haar op outomaties gestel.
LikeLike
Mooi!
LikeLiked by 1 person
Ek leer nou om kunstig met lens te werk, maar glo my, ek dink my iPhone gee beter resultate.
LikeLike
Dis nou interessant!
LikeLiked by 1 person
See is altyd mooi, nè. Ons was 1x op bikini beach. Ek was nie beindruk met die nudiste nie, totdat ek die gesinnetjie gesien het. Pa, ma en 2 jong kinders het op die strand bal gespeel- poedelkaal. Hulle was so natuurlik en sonder hang-ups(toegegee die ouers was albei mooi en mooi gebou- en volgens hulle velkleur het hulle dit baie gereeld gedoen – wat my laat wonder het hoe dit gekom het dat ons almal so prim en propper en ver van die natuur af lewe.
LikeLiked by 1 person
Seegogga, nee gits, ek lewe eerder prim en propper as om kaalbas rond te loop. Ek skat prim en propper kom saam met al die kommentaar wat mens kry en veral wanneer jy kaalbas staan.
LikeLike
Ek moet hieroor lag. Lees gou hier:
https://seegogga.com/2018/06/
LikeLiked by 1 person
O my word, ek het so gelag. Ek sou doodgegaan het.
LikeLike
Dis so mooi Christa! Jy is heeltemal reg, diee is my happy place!
LikeLiked by 1 person
Inderdaad.
LikeLiked by 1 person
see
LikeLiked by 1 person
XXx
LikeLike
Ek glo die see ‘praat’ met ‘n mens. As jy so luister na daardie golwe en hulle breek so op die rotse, dan is dit juis wanneer jy baie mooi moet luister. Dan is dit wanneer hulle praat. Ek kan vir ure sit en luister na die see, veral as die branders so op die rotse breek. Daar is baie stories wat die see jou kan vertel.
LikeLiked by 1 person
Nikita, ek stem saam. Die see weet baie goed, kom van ver lande af. Sien baie.
LikeLiked by 1 person
Then you were very nearby and I did not know it. One can walk to Bondi Beach from Maroubra beach in about an hour via the Coastal and Clifftop walk.
LikeLiked by 1 person
That sounds like an amazing walk. I started blogging only 5 yers ago.
LikeLike
It is amazing. Before my wife needed to use a wheelchair we did it once or twice. Now there is a small part between Coogee and Maroubra which is Wheelchair accessible. I think I began blogging in 2014.
LikeLiked by 1 person
Did you share photos of this walk?
LikeLike
I have,I’ll send you the links
LikeLiked by 1 person
Thanks
LikeLike