Gepubliseer in Joernaal

Foto-storie #8

Die foto wat ek vandag kies, is my gunsteling troufoto van my dogter. Hulle is tans 14 jaar getroud en my iPad het my weereens voorgespring, die foto namens my gekies.

Sy is my rabbedoe, wat kleintyd veel eerder met haar boeta se karretjies as haar poppe wou speel. Maar, sy was my dogtertjie, mal oor mooi rokkies wat wyd kan swaai. Dan was sy in haar element. Sy het lank pop gespeel, baie langer as maatjies.

Daai mooi bene van haar is te dankie aan ballet, sy het tot matriek ballet, gewoonlik goud op die Eisteddfods gekry, gewoonlik wenner ook. Haar lyfie is iets wat baie interessant is aangesien ‘n vriendin van my beweer dat sy stewige heupe het omdat sy jare lank ballet het. My dollatjie bewys die teendeel, ballet was baie goed vir haar perdebylyfie.

Ek geniet hoe skoonseun probeer om so hoog soos my bokkie te spring, terwyl sy absolute pret het. Ek kyk ook so na skoonseun se lyf, wat deesdae baie meer gespierd is. Hy lyk tans vir my baie soos Bok van Blerk, een van my gunsteling sangers. Die ding is, hy moes maar spring, want my dollatjie doen alles met oorgawe, as sy moet spring, dan spring sy hoog.

Haar troue was soveel anders as boeta s’n.

Sy is by Makietie in Muldersdrift getroud en baie gaste het die troue bygewoon. Ek wil my verbeel ons het vir 200 gaste reggemaak, maar ek praat onder korreksie. Sy het ‘n baie groot gevolg gehad, drie blommemeisies, drie seuntjies, drie strooimeisies en drie strooijonkers. En ek het al die rokke en rokkies gemaak, ook die onderbaadjies van al die manne. Ook kraletjies op hulle rokke vasgeplak, dit was ure se werk. Terwyl ek skoolgehou het, het ek pouses in die klas gesit en ryg en saans vasgewerk. Die rokkies het elk uit twee lae bestaan, dus dubbele werk. Met dun skouerbandjies wat ure gevat het om te maak.

My en haar rokke het ek laat maak, daarvoor het ek nie kans gesien nie. Al het my ma al ons dogters se trourokke gemaak. En al was ek gek oor my trourok, het ek nie kans gesien om hare te maak nie.

Die twee het lank uitgegaan, van universiteitsdae af. Toe het hulle verhouding verbreek en na ‘n rukkie besluit hulle wil trou. Dus het hulle voor ultimatum gestel. Ons sal die troue gee wat hulle vra, maar, as hulle nie ten minste tien jaar getroud bly nie, word die geld proporsioneel terugbetaal. Die troue het ons meer as een arm en been gekos. Dit was sommer spot, want ons weet die twee is lief vir mekaar.

Intussen het hulle vir ons drie kleinseuntjies gegee, waarvan die oudste enetjie vandeesmaansd al tien jaar oud word.

Waar het die tyd heengegaan?

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

24 gedagtes oor “Foto-storie #8

Laat 'n boodskap na Letty-Ann Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.