Die week het Letty-Anne en San Dreyer aan die uitdaging deelgeneem, lees hulle stories hier.
Hierdie foto waaraan my iPhone my hierdie week herinner het, bring verskeie herinneringe op.
My seun se troudag in 2014.
Hy en sy nooientjie het besluit dat hulle in Knysna gaan trou. ‘n Besluit wat die getal gaste aansienlik laat krimp het, want die meeste van ons is van Pretoria en omgewing. Almal moes plan maak om Kaap toe te gaan. Baie gaste kon nie die geleentheid bywoon nie. Haar ouers het vakansie-woonstel by Brenton-on Sea, dit is waarom sy in die Kaap wou trou. Die oulike plekkie so langs die twee koppe, wat as die Heads bekendstaan. Ons alma is af Kaap toe, haar ouers is, soos ons almal, Gautengelengers!
Hulle het in ‘n kerk in Knysna getrou, ek neem aan dit is die NG Kerk. Toe is die gaste hawe toe, ons moes ons karre daar los en toe word ons op ‘n veerboot in die hawe getrakteer. Eers saam met hulle, om troufoto’s te neem in die veerboot en toe word hulle afgelaai by hierdie pragtige plek wat deel is van die natuurreservaat is. Hulle het foto’s na die heads se kant toe gaan neem, op quads! daarheen gery.
Toe hulle laat weet dat hulle is klaar, het die boot ons vir die funksie gaan aflaai by die onthaalarea van die natuurreservaat. Dit was sprokiesmooi. Die plek het glasvensters, geen dak. Die bome se blara maak die dak. Daar was baie feëtjieliggies.
En hierdie foto is my gunsteling troufoto!
***
Manlief tree die afgelope tyd baie vreemd op. Wil hê ek moet nuwe lakens vir al die beddens koop, ons moes Donderdag gaan kos koop en toe koop hy baie, kastig omdat hy honger is. En raai waarom?
Vrydagoggend so naby twaalf staan ‘n motor voor die garage. Hy en seun het besluit ek moet verras word. Toe kom kuier seun, skoondogter en baba die hele paasnaweek vir ons.
Ek was lekker hartseer omdat ons moes bly. Dit was dan die rede. Alle hartseer was sommer van die baan. Ek wou hê ons moes dan maar rondry en die plekke om ons bekyk. Die koms van die kinders het alle verwagtinge vir die lang naweek oortref. Ek was in ‘n sewende hemel. Het nie vir een oomblik gedink hulle sal so ver ry om te kom kuier nie … Nie met babatjie wat nie van karstoeltjie hou nie …
Ek het ‘n wonderlike paasnaweek gehad, hoop joune was net so heerlik!
Dié troufoto is uitsonderlik mooi. Ai, wat ‘n lekker verrassing. My Paasnaseek is ook feestelik…het my kleinkind van Oostenryk ontmoet – hulle is hier.
LikeLiked by 1 person
Ag Letty-Ann, jy verstaan daardie ene! Kleinkinders wat nie ontmoet kon word nie weens pandemie. Hartseersaak vir my. Dankie.
LikeLike
Dis so ‘n pragtige foto! So ‘n lekker verrassing maak als die moeite werd!
LikeLiked by 1 person
Beslis, nê! Die kinders het 500 km gery om vir ons te kom kuier. Dit was wonderlik!
LikeLike
So bly vir julle💕
LikeLiked by 1 person
As ek nie so ontsteld was nie, kon ek my storie van gister oor die inbraak by jou Maandag fotodag storie inpas. Ek het juis foto’s geneem van die vernietigde deurraam. Ek gaan dit tog link aan joune.
LikeLiked by 1 person
Ek wil nie daarvan hou nie, Appeltjie, dit is baie erg. Ek sal vandag lees.
LikeLike
https://appeltjie.wordpress.com/2021/04/05/kwaad/
LikeLiked by 1 person
Dit is so ‘n pragtige vertelling en beskrywing van die trouplek! Mal oor die foto. Sjoe! Ek moet daar uitkom. Ek kry trane oor die verrassing. Só bly vir jou. Wat ‘n wonderlike, bedagsame idee van hulle!
LikeLiked by 1 person
Dit was heerlike troue.
LikeLike
Die foto is lieflik, Christa. Wat ń heerlike verrassing op die Paasnaweek. Glo julle het dit geniet.
LikeLiked by 1 person
Dankie, Una, my huis is nou baie, baie leeg.
LikeLike
Ek kan jou glo.❤
LikeLike
Die troue klink sprokiesmooi en ek is so bly oor julle kinders wat kom kuier het.
LikeLiked by 1 person
Dankie, Toortsie, dit was.
LikeLiked by 1 person
Wat n lekker verrassing! Pragtige troufoto!
LikeLiked by 1 person
Dankie, Seegogga, dit was spesiaal.
LikeLike