Gepubliseer in Joernaal

Rate vir woewe wat in die huis piepie

Soms gebeur dit wel dat my Miniatuur Schnauzers ‘n glipsie in die huis kry. Maar dit is elke keer my skuld. Ons was te lank dorp toe, ek het hulle nie voor ons weg is gou vir ‘n draaitjie gevat nie. Daarom het ek wel rate teen woewe wat indie huis piepie.

Soms piepie woewe nie in huise nie, hulle merk eerder hulle gebied af. Dit is dus moontlik dat ‘n woef nie sal ophou nie, maak jy skoon, moet hy weer sy gebied afmerk.

Veral as ander mense se honde by jou kom kuier het!

Tog is daar rate wat werk:

  1. My ma het die woef se neus in sy eie piepie gedruk en sy boud ‘n wiks gegee. Nie te hard nie, sommer met ‘n koerant. Maar hulle was baie vies oor die piepieneusies en het gou geleer dat die huis nie ‘n toilet is nie. Ek het dit waarskynlik al een keer gedoen toe hulle klein was, maar ek kan nie onthou of dit gehelp het nie.
  2. Hulle moet gereeld uitgevat word om buite te piepie, om die vereenselwiging te maak. Buite – piepie. Binne – slaap. So het ek myne geleer dit is waar dit gedoen word. So tussen ons, hulle het nog nooit een van my badkamers gebruik nie, dink seker maar dit is vir die grootmense.
  1. Wit asyn op die plek waar gepiepie is vat die reuk vinnig weg en hulle verpes die reuk of aroma wat in die lug bly hang. Hulle piepie nie weer daar nie, onthou die slegte herinnering as hulle daar ruik voor die beentjie gelig word.
  2. Peper waar die ding gedoen is. Dit is so goeie afskrikmiddel soos asyn, dalk selfs beter, want hulle asem die peper in en nies dan alte oulik. Hulle ruik nie sommer weer daar nie.
  3. Westpack verkoop sulke gel in 5l emmertjies in die stad. Ek het my vloere daarmee gewas as hulle ‘n glips gekry het. Ek kan die naam nie onthou nie, maar dit het iets met pine te doen – hulle haat die reuk, nies alte oulik en kyk my met hulle janniejammergathoudings aan. Daar is ook ‘n lemoen weergawe as die pine vir jou te sterk is. Ek hou nogal van die vars reuk. Hulle loop nie en ruik waar hulle kan piepie nie.
  4. Ek het by ons Westpack in Kuruman so half liter bottel Jordan cleaninng powder gekry want hulle het glips gekry toe ons klank in die dorp was. Die laventel een. Dit is nie poeier nie, dit is ook ‘n gel. Ek het drie eetlepels vol per emmertjie water gebruik. Ruik baie verfrissend, hulle nies vanoggend en kyk my baie vies aan – waarom almal straf as een stout was? Gaan sit sommer eerder op die stoep en kyk my verwytend aan. Ek was lank weg, een het fout gemaak en nou word almal gestraf. Wel, die volgende stap is buite, dus kan hulle bly wees …
  5. As niks help nie, stel ek ‘n doek voor vir saans. Hulle haat dit, maar dit sal beslis keer dat die hele huis gemerk word.
  6. Leermatjies wat te koop is. Ek het dit nog nie self probeer nie, maar soos ek verstaan word die matjie op die plek gesit waar hy piepie en dan stuk-stuk geskuif tot dit uit die huis is. Ek het nie tyd vir sulke opleiding nie. Ek verstaan wel dat dit lekker ruik, maar glo my, my brein gaan onthou dat dit unrine is.

Soos ek geskryf het, hulle maak my wakker in die nag om hulle uit te vat, dus is hulle reeds baie mooi geleer. Dit vat tyd en aandag, maar ek is bewus daarvan dat die tea cup yorkies nie maklik leer nie.

Inteendeel, ek ken niemand wat hulle kon leer nie. ‘n Probeelm wat maak dat mens gou vergeet dat hulle oulike woefies is.

Dalk ken jy raad met hulle?

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

4 gedagtes oor “Rate vir woewe wat in die huis piepie

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.