Ek het ‘n Mendeley kursus vir navorsers en studente ontwikkel. Dit bestaan uit ‘n aantal 30-90 minutt-lange videos wat gekyk kan word terwyl iewers gewag word.
Elke video fokus op een vaardigheid, dus is dit ook maklik om terug te gaan om ‘n spesifieke vaardigheid weer na te gaan.
Die kursus sluit die volgende in:
- Hoe om die Mendeley toepassing af te laai en te installeer
- Hoe om die biblioteek aanlyn uit te bou
- Hoe om die biblioteek aflyn uit te bou
- Hoe om literatuur te organiseer
- Hoe om literatuur volgens kriteria te vind
- Hoe om soektogte te doen
- Hoe om verwysings in MS Word dokumente te doen
- Hoe om ‘n bibliografie saam te stel
- Hoe om die styl van die verwysings te verander
- Hoe om by navorsingsgroepe aan te sluit
‘n Aantal van die videos kan gekyk word as daar op die skakel gekliek word, doen dit gerus.