Soms gebeur dit wel dat my Miniatuur Schnauzers ‘n glipsie in die huis kry. Maar dit is elke keer my skuld. Ons was te lank dorp toe, ek het hulle nie voor ons weg is gou vir ‘n draaitjie gevat nie. Daarom het ek wel rate teen woewe wat indie huis piepie.
Etiket: Afrikaans,
Die taal waarin ek verkies om te skryf
Snags as woewe in die huis opgelei is
My woewe mag nie in die huis piepie nie, dit is een ding wat sal veroorsaak dat hulle buite slaap. Al is buite vir my nie ‘n keuse nie.
Kragonderbreking maak ons inbrekers …
Sondagmiddag toe ons tuis kom, is ons nie lus om dadelik Spar toe te gaan nie, dus rus ons eers. So naby ses besluit manlief dit is nou of nooit, ons moet goedjies vir sy kosblik gaan koop. En, soos die gewoonte die laaste tyd is, moet ek saam.
Ek, manlief en VVVs by Grand Oasis Casino in Kuruman
Dit is lang naweek en ons tweetjis is lus om iets te doen. Ons kan nie te ver gaan nie, want hy is aan diens. Net soos wat hy paasnaweek ook gaan wees. Hoe ongelukkig kan een paartjie die twee lang naweke ingaan? Ek dink mens kan beurte maak, maar blykbaar nie. Hy het die dobbelsteentjie verkeerd laat val.
Lees voort “Ek, manlief en VVVs by Grand Oasis Casino in Kuruman”
Fotostorie #5
Hierdie foto bring die lekkerste herinneringe aan my geliefde BB op. Sy het die mooiste persoonlikheid, daarom het ek as teler geregistereer en haar laat babas kry. Twee keer. Om so haar gene voort te dra.
Laai nuwe vertaling van Bybel gratis af
Ek het al vertel dat ek ‘n Bybel toep gebruik om die Bybel in een jaar deur te lees. Hier is die skakel daarheen. Wel, ek is in die peilvlak, minder as een maand oor om die doel te bereik. Dit was aanvanklik moeilik omdat ek saans wou lees.