Na aanleiding van kommentaar op vandag se foto-storie #8 deel ek so bietjie van dollatjie se troufoto’s, veral omdat vriendinne vra hoe my naaldwerk gelyk het.
Etiket: Afrikaans,
Die taal waarin ek verkies om te skryf
Foto-storie #8
Die foto wat ek vandag kies, is my gunsteling troufoto van my dogter. Hulle is tans 14 jaar getroud en my iPad het my weereens voorgespring, die foto namens my gekies.
Dotsure mediese dekking vir Miniatuur Schnauzers
Ek het voordat ons Kazakhstan toe is by Dotsure aangesluit om my vierbeenkinders te dek. Teen siektes en beserings en doktersbesoeke wat duurder is as wanneer ek die dokter besoek.
Lees voort “Dotsure mediese dekking vir Miniatuur Schnauzers”
533 miljoen Facebook gebruikers se data gesteel
Saterdag 3 April 2021 het Alan Gal, ‘n kubersekuriteitsagent, ontdek dat 533 miljoen Facebook gebruikers se persoonlike inligting gratis in ‘n forum vir kuberskelms gedeel is.
Lees voort “533 miljoen Facebook gebruikers se data gesteel”
Kleinkindjie en die Miniatuur Schnauzers
Ons kleinkinders word met Miniatuur Schnauzers groot. Dollatjie het Katryn gehad voordat oudste kleinkind ‘n vonkel in hulle oë was. En toe koop ouma vir BB, en teel vir Bekka en Seth eerste en Sankie en Shilo tweede. Daar was vir baie lank vyf Schnauzers in ouma se huis.
Pavement specials of ontwerpershonde?
***Please note: Google translates my site; therefore, my posts are available in your language. I am writing in my mother tongue – Afrikaans. I found some of the translations horrible, so bear in mind that you are reading a machine translated post.***