Die afgelope ruk is daar opgeskote seuns wat op fietse by ons huis verby ry. Soms net enetjie met baie dik glase in sy bril. ‘n Regte klein wilde wragtig. Loop oral sonder skoene en die pad is besonder warm hier in Kuruman, met klippe en slaggate voor ons huis, vra maar vir my.
Etiket: Afrikaans,
Die taal waarin ek verkies om te skryf
Carmién se vanilje mocha rooibostee ‘n koffie treffer
Ek het hier in die Noord-Kaap ‘n nuwe ding ontdek – Carmién Rooibostee. Dit is blykbaar nie nuut nie, Toortsie het op ‘n vorige skrywe van my kommentaar gelewer dat dit haar gunsteling tee is.
Lees voort “Carmién se vanilje mocha rooibostee ‘n koffie treffer”
Foto-storie #11
Hierdie foto – wat my iPad vir my gekies het – herinner my aan ons lewe in Kazakhstan. Gisteraand sit ons en kuier met nuwe vriende in Kuruman – en ons vertel van die stryd om iets te bestel wat ons kan eet.
Schnauzers en die nuwe Rogz-harnasse
Ons ry die afgelope tyd baie. Elke tweede naweek rivier toe want manlief glo daar is baie werk wat moet klaar voor hy doodgaan. Sy eie woorde, nie myne nie.
Sien jy die ondier in die rots by Boesmansgat?
Ek het vanoggend geskryf oor ons besoek aan Boesmansgat en gevra of jy ook die dier in die rots kan sien. Wat natuurlik veroorsaak het dat mense ‘n regte dier gesoek het omdat ek die vraag vaag gestel het.
Ons besoek Boesmangat in die Noord-Kaap
Ons het verlede week saam met manlief se werksmense uitgeëet, ek moet nog daarvan vertel. Maar toe vertel die een ou vir ons van twee besienswaardighede naby Kuruman, naamlik die Wonderwerkgrotte en Boesmangat.