Kyk, hierdie kleinseuntjie van my is baie snaaks. baie, baie snaaks. Hy was einde Oktober maar twee jaar en ses maande oud, dus is hy regtig nog klein.
Lees voort “Five little monkeys jumping on the bed … OK”Kategorie: Joernaal
Alles en nog wat in Afrikaans
Reënjassie vir waentjie ala Kazakhstan
In Kazahstan stap die mense oralheen. En daar bly die kinders nie in ongure weer by die huis nie, daar is daar mos oplossings daarvoor.
Lees voort “Reënjassie vir waentjie ala Kazakhstan”Welkom by my blog
Uiteindelik! WordPress het gereageer en my volgers hierheen geskuif! Die probleem was dat ek vanaf my mobiele toestel (iPad) die versoek gerig het en nie deur my e-posadres nie.
Lees voort “Welkom by my blog”Kleinkind pret in die kerk
Ons kleinkind sit die afgelope maand of drie by ons in die kerk, saam met sy pappa en mamma. En dit het al groot pret veroorsaak. Daarom vertel ek vandag so ‘n paar staaltjies.
Lees voort “Kleinkind pret in die kerk”Ekke in die 1980’s …
Hierdie ene vorm weer deel van ‘n uitdaging.
__________________
Ai Una, my foto’s is in Suid-Afrika, ek gaan kyk wat ek kan kry op my wolk.
Ons het iewers foto’s bymekaar gemaak vir my pa se 80ste verjaarsdag. En ek het so paar foto’s uit album afgeneem toe ons onlangs in die RSA was.
My troufoto’s is in die tagtigs geneem, 30 Januarie 1982 om presies te wees. Hier is ek saam met my vier susters.

My ma het ons almal se rokke gemaak. Dié susse wat getrou het s’n ook. My dogter is in die 1980’s gebore. 2 April 1983 om presies te wees.

‘n Dollatjie wat nie van slaap gehou het nie. Daarom sit ek hier nog in my nagkabaai, met hare wat permanent gekrul om ons twee vinniger gereed vir skool te kry!
Hier het ek darem ‘n skafliker haarstyl. Manlief hou van kort, ek bederf hom soms, net soms.

Hierdie foto is ook in die 80’s geneem. Seun se doop. Hy is op 14 Desember 1987 gebore. Sou dus Januarie 1988 gewees het.

Ek het my en dollatjie se rokke gemaak. En die wit pakkie wat boeta later die dag aangetrek het.

Een van die min kere wat ek geel gedra het. Daardie tyd was geel hoog mode.
Hoop dit help, Una?
Vreeslose Goue Vroue in Fresh Markets in Öskemen
Hierdie ware verhaal het ‘n kinkel in die kabel, dit vorm deel van ‘n bloguitdaging:
Lees voort “Vreeslose Goue Vroue in Fresh Markets in Öskemen”