Nog ‘n gedig uit die pen van my seun. Ek geniet dit hoe hy met woorde speel, maar veral hoe hy net kan sit en skryf, die woorde vloei vir hom net reg uit.
*****
Die nuwe Fortnite skin lyk epic
en ek moet dit net kry.
Maar my sakgeld het klaar sweets gekoop,
toe bring mamma ʼn spaarvarkie vir my.
Die varkie is dolleeg.
Ek kan die see hoor deur die geleuf.
Ek sal nooit die skin kan koop
al spaar ek so lank ek leef.
Dis nou maande later van getrou spaar,
minstens ‘n tiende van elke loon.
Dit was moeilik in die begin,
maar ek is dit nou gewoond.
Nou kan ek bekostig net wat ek wil.
Ek besef ek het op niks uitgemis,
want daar sal altyd iets nuut wees.
En so het ek geleer wat vryheid is.
***

ChatGPT-4o, ek gaan hierdie een interessanter wil maak, meer kreatief.
Vir watter ouderdom is die gedig?
LikeLike
Die moderator het dit vir graad 3 aanvaar. Ons vra basiese vragies, geen diepte vrae nie.
LikeLike
Ek het eintlik gewonder oor van woorde wat nie meer vandag gebruik word nie. Vermoed dat die onderwyser self ook nie gaan weet nie. Graad drie is nog maar vars as dit by lees kom.
LikeLike
Die Departement van Basiese Onderwys is baie bekommerd oor die gehalte van die leerders se leesvermoëns, veral die beperkte woordeskat. Die moderator van die spesifieke bloemlesings het geen probleem gehad nie. Inteendeel, sy is opgewonde oor die wye verskeidenheid wat ons ingesluit het. Die woorde word as nuwe woordeskat uitgelig. Dit is nie ‘n selfleesboek nie, dit is ‘n voorleesboek.
LikeLike
Aha, klink goed, veral omdat die woorde in nuwe woordeskat gesit word vir latere gebruik. Ek’t heelwat jare skool gehou vir graad dries. Hul is baie oop vir voorlees en gesels oor inhoud. Gee my sommer lus om weer te kan doen. Dankie vir jou moeite. Klink of dit goed gaan wees.
LikeLiked by 1 person
Vriendin, ek gaan dalk vir graad 4-6 gevra word. Sal jy belangstel?
LikeLike
Ek kan probeer as dit is. Laat weet net eers wat vereistes is.
LikeLike
Jy het my nou sommer klaar aan die dink gesit. Sal als afhang waaroor geskryf word en ook hoeveel woorde.
LikeLike
Dankie
LikeLike
Dis oulik.
LikeLike
Baie dankie
LikeLiked by 1 person