Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders,Woefkinders

Ons pas kleinseuns op terwyl pappa en mamma Otter gaan stap

Kyk, ons was verras toe die kinders ons vra om die kleinkinders eerste week in September op te pas terwyl hulle die Otter stap.

Nou wonder julle seker waarom verras. Die rede? Ons dogter hardloop die Otter in 7 ure, ‘n roete wat ander mense in vyf dae stap. En nou wil sy dit stap. Om foto’s te neem van al die mooi plekke waar sy verby hardloop.

Ons sien uit, vreeslik baie. Want ons moet skool toe vat, gaan haal, sport toe vat en dit is eksamen … hulle moet nog leer ook!

Natuurlikmwas ouma windtie die keer, ons sal die oppas doen, maar hulle moet my kos eet. Dit is voorwaarde, met baie goeie rede. Behalwe dat ouma lekker kos maak, dit is gegewe. Hulle eet net nie noodwendig wat mens maak nie. En ouma wil geniet, nie vies word nie. Die voorwaarde is blykbaar aanvaar, hulle verstaan. Ouma het voet neergesit.

En nou sien ons uit. Na gesels, in die bed sit, wakker maak, eet en slaap en baie, baie gesels. Hoe gelukkig is ons nie om die voorreg te hê nie?

Ons kinders gaan nie landuit nie. Hulle doen eerder die Groot Trek terug na die Kaap. Nie Kaapstad nie, maar wel Wes-Kaap, hier waar goed nog werk, want die regering maak goed werk. Seun beplan ook om in die rigting te kom, bietjie meer noordwaarts.

En ons bietjie meer see se kant toe van dollatjie se blyplek. Eintlik sommer baie meer see se kant toe. Ek moet die see sien as ek naby die see bly. En hier kom ons aftree.

Om soos vandag op ‘n mooiweer dag af te gaan strand toe. Ver genoeg van die see dat ons goed nie roes en vrot nie. Behalwe buite slotte aan hekke. Naby genoeg dat ons soontoe sou kon stap.

En dit is hartseertyd.

BB en Shilo is na hulle hemelse huis tot ons mekaar weer kan ontmoet. Ons stap binne 14 maande met een woef, in plaas van drie.

Hy verwerk dit goed, slapies al die pad see toe. Pieps wanneer ons stop, bewe van die koue, so erg dat mense vir hom lag toe ek instap om self die toilette te gebruik. En raai wat, hy gee ewe skielik nie vir die see pad nie. Staan doodstil dat die water om sy bene spoel en weer terugtrek.

En ons harte geniet die ou woefie.

Bekka.

Bekka wat eintlik maar sy lewe deur aan die agterspeen gesuig het.

Nie so oulik soos Shilo, die baba nie, nie so ma-vas soos BB, die mamma en ons eerste kind nie. Sommer net middelkind wat nou al die aandag kry. En dit ten volle geniet.

Ek sien die ander twee as ek gaan stap. En dan is my hart van voor af stukkend. Veral as ek weet dat Bekka ook eendag die pad moet stap wat hulle reeds gestap het.

Ek bid dit sal nog lank wees voor dan.

My hart kan dit nie hanteer nie.

So erg dat ek myself beowe het dat ek nooit weer ‘n woefkind wil hê nie.

Iedergeval, Bekka gaan saam kuier …

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

15 gedagtes oor “Ons pas kleinseuns op terwyl pappa en mamma Otter gaan stap

  1. Ek is so jaloers – op jou (wat die kleinkinders gaan he) maar meer op die ma&pa wat die otter gaan stap! Jarre gelede wou ek dit graag stap, maar hulle is (of was?) baie streng. Ek dink hulle laat net iets soos 10 persone toe om te stap op ‘n keer – om die natuur te bewaar. Ek weet nie of dit nog so is nie. Ek het daardie tyd gese eendag is eendag, maar dinge werk mos nie altyd uit soos jy wil nie. 🙂 Ek hoop hulle geniet dit en neem mooi foto’s!

    Liked by 2 people

      1. Eintlik gaan dit goed maar ek is beslis nie okay nie. My liggaam willie maklik werk nie. Gelukkig help medikasie om die dag te kan hanteer. Gelukkig nie regtig “tremors” nie net baie stywe spiere “rigidity” wat nie normaal wil werk nie. Dankie vir die omgee.

        Liked by 1 person

  2. Dit is ‘n voorreg om naby jou kinders (en natuurlik die kleinkinders) te kan wees. En dan nog die heerlikheid om hulle op te pas vir ‘n week … ek hoop hulle smul heerlik aan Ouma se lekker kos! En troetel en geniet vir Bekka solank hy daar is – julle moet lekker langs die strand gaan stap!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op seegogga Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.