Soms is dit vreemd hoe die wêreld werk. Die een oomblik is iemand nog jou blogvriendin, iemand met wie jy al hartsake gepraat het.
En die volgende oomblik word sy deur ‘n vaktydskrif as jou proefleser aangestel. Gesels sy per e-pos met my oor die artikel omdat Word se kommentaar letters in my teks ingetik het. En stap ek van die e-pos weg sonder om te besef dat die vrou met wie ek so lekker gesels het my inderdaad in persoon ken!
Nou goed ja, nie aangesig tot aangesig ontmoet nie, maar sy ken my. Ons besit selfs huise in ‘n onwerklike werklike dorpie in blogland. Seker nie heeltemal dorpie nie, daar is nie winkels, koffiewinkels of so aan nie. Ons kuier sommer op mekaar se stoepe …
Dit is nou maande later en ek sukkel alweer met LitNet se vereiste vir die eerste deel van ‘n. Volgende artikel, weer ChatGPT – die keer oor lugfoto’s. My rekenaar laat die klemstrepie na links kantel, weg van die n. LitNet vereis dat dit na regs val, dus na die n se kant toe.
Ek kry dit nie op my Macbook reg nie, weet dat dit ‘n paar drukke op my rekenaar nodig het. Gefrustreerd soek ek deur my e-posse na die e-pos oor Word se nuutste frustrasie.
Ja, Word frusteer my baie! Mens moet op kommentaar klik, dan moet jy wag tot die kursor in die kommentaarblokkie wys. As jy dit nie doen nie, begin dit sommer die letters in jou teks intik – daar waar die kursor was! Jy weet dit nie, dink die ding het net nie getik nie, klik in die kommentaarblokkie en tik weer. En die ander letters is in die teks ingetik. Frustrerend. Ek weier al amper om so met my studente te kommunikeer. Tans moet hulle pdf gee, dan skryf ek op die PDF om aan te dui waar teks moet verbeter.
Iedergeval, ek soek haar, en stuur e-pos om te vra hoe ek die ‘n reg tik vir LitNet. En toe ek die e-pos stuur, besef ek, daardie naam en van in die e-posadres klink eenvoudig net te bekend.
Meer die naam, ek ken haar in blogland as tannie met versagting van haar doopname. Maar iewers moes ek haar van ook al gehoor het, die volle doopnaam en die van het skielik net ‘n liggie laat aangaan.
Is dit my blogvriendin?
Toe WhatsApp ek haar maar. Want sien, ons is deel van ‘n groep vrouens wat soms saam aan ‘n storie skryf. Ek kan haar persoonlik kontak. Ek moes weet of ek reg aflei, dat sy die vorige keer my artikel geproeflees het.
En ja, sy het! Antwoord sommer ook dat sy my per e-pos laat weet het hoe om dit te doen …
Sy het nogal gedink dat ek geweet het dat ek met haar praat. Ek het nie, ek het die kloutjie eers by die oor gesit gekry toe ek haar maande later wou vra hoe om die vervlakste ‘n te doen. Die ding is, as ek dit nie self doen nie, lyk my artikel soos slagveld as ek dit terugkry, as die proefleser elke liewe ‘n se strepie na regs moet gaan kantel. Control+enkelafkapteken 2x gedruk.
Dit werk nie op my MacBook nie, dus stuur ek artikel eers na my ou rekenaar, maak reg en stuur weer terug na Mac.
Iewers onthou ek dat iemand gesê het dat dit die afsluit-enkel-aanhalingsteken is. Dus druk ek tans die enkel-aanhaling twee keer, spring oor die laaste een en vee die eerste een uit. Dit lyk reg. Maar dit is soo frustrerend. Ek is sooooooooo gewoond om die ‘n anders te doen – bloot net aanhalingsteken en dan die n. Nou is dit aanhalingsteken+aanhalingsteken-eerste aanhalingsteken en n. Ek wonder of ek dit op my Mac kan stel om ook te werk met die Control+aanhalingsteken 2 maal sonder om iets te gaan uitvee.
Gaan kyk of ek die instelling self kan skep?
Iedergeval, ek het so ‘n groot aap gevoel. Voel eintlik steeds. Veral omdat blogvriendin gedink het ek het geweet ons twee gesels oor my artikel se taal wat geproeflees is …
Ek het van geen sout of water geweet nie. Maar o genade, ek sou soveel meer familiêr gewees het as ek die kolletjies met mekaar verbind het … Of sou ek? Dit is mos eerder ‘n professionale gesprek?
Nou toe nou! Ek dunk ek weet van watter tannie jy praat. En sy is dierbaar verby! En jy is erg skaars oo Rebus deesdae. Te veel werk, ek weet.
LikeLiked by 1 person
Ai Seegogga, ek verlaat my maar op gesprekke hier op blogland soos toe dit eers was. Ek kry nie elke dag tyd om WA te lees nie, en dan raak ek so agter dat ek nie kan inhaal sonder om ongeskik te klink as ek antwoord nie. Een dag op ‘n slag, so gaan dit hier by my. Jy het beslis maklik reg geraai.
LikeLike
Een dag op ‘n slag … dit is goeie advies! Dankie vir hierdie vertelling van jou proefleser 🙂 🙂
LikeLiked by 1 person
Anne, dit was die vreemdste gevoel, dat ek nie ‘n vriendin kon herken nie. Ek voel so stupid daaroor.
LikeLike
En die Seegogga, nie Scrapy nie, maar geen probl nue
LikeLiked by 1 person
O my word, skuus vriendin. En ja, jy raai reg. Ek was besig met lees toe ek antwoord, moet leer om een din op ‘n slag te doen.
LikeLike
Liewe Christa, ek is so jammer dat ek nie verduidelik het dis ek nie – het regtig gedink jy weet. Ek vra om verskoning dat ek vir jou verleentheid veroorsaak het. Sterkte met die nuwe artikel – ek bewonder jou!
LikeLiked by 1 person
Hallo Frannie, nee gits, jy het niks verkeerd gedoen nie. Dit is ek wat die kloutjie nou eers by die oor kon kry. Dankie, ek bewonder weer vir jou wat die taal so bevorder.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir jou gerusstelling 🥰
LikeLiked by 1 person
Die fout was by my.
LikeLike
Ek dink nie so nie – jy is vol grasie, Christa.
LikeLiked by 1 person
Ag dankie, Frannie, ek waardeer dit regtig.
LikeLiked by 1 person