Gepubliseer in Joernaal,Woefkinders

Bekka en sonde met die bure

BB is dood. BB wat 14 jaar lank aan my sy was, behalwe vir die 20 maande in Kazakhstan.

Mamma van Bekka, mamma van wyle Shilo. In een jaar het ek twee woefkinders aan die dood afgestaan. En ek is soos ‘n swanger vrou op die oomblik. Bekka is nog by my, maar, hy gaan nie ‘n maatjie kry nie. Wanneer ek weer moet besluit dat my woefkind te veel ly en moet gaan, is dit die laaste keer in my lewe.

Nooit, ooit weer nie.

En nou is Bekka alleen. En hy het baie ma-vas geword. Meer as toe Shilo dood is, hy is nou stoksielalleen as ek en manlief moet uitgaan.

Sobek

Hy weet nie waar BB is nie, soek haar seker ook. Maar, ek dink hy dink as hy net by my bly, sal hy haar ook kry …

En nou huil hy sy hartjie uit as ek uitgaan.

So erg dat die bure sekuriteit laat weet het daar is ‘n “hartseer” hondjie in my huis. Sy voel vere vir die hartseer, sy maak dit net sag, sy gee kastig vir die hondjie om …

Manlief is ontsteld toe hy gebel word, dit is baie erg om gebel te word oor ‘n probleem. Asof hy nie al gebel is oor sy sleepwaentjie wat tog net nie in die sig van bure mag staan nie!

Ek het die bestuur van die landgoed ge-epos en gevra dat hulle asseblief vir die vrou vra om ‘n bietjie empatie te toon. My woefkind se mamma is dood en hy is nou stoksielalleen. Ook gesê ek leer hom, vat hom saam as ek kan, maar kan die nat-pantie-neus-indruk-ouvrou agter my asseblief net bietjie verstaan …

Ons landgoed het streng reëls, ons inwoners mag nie met mekaar prata as daar ‘n probleem is nie, hulle moet eerder sekuriteit bel om die probleem op te los.

Met ‘n hartseer woef wat alleen is, is dit mos nie die regte ding om aan die deur te kom klop en roep nie. Dit maak mos die saak erger! Toe vra ek sommer dat sekuriteit by my huis wegbly, my net bel as dit weer gebeur …

Nou praat ek met Bekka. Vertel hom ek gaan uit, maar ek kom terug. Hy moet net lekker slapies, en dan is ek weer hier.

As ek uitstap en om die kompleks stap om by my agtermuur te kom, is hy stil. Asof hy verstaan.

Vanoggend het ons getoets, ons is uit en ek het my japon vir hom by die TV-kamer gesit. Want hy sit daar in die deur en wag tot ek terug is. Dan is ek mos soort van in die gees by hom?

Dit werk …

Hy sit die hele tyd daar en wag lyk dit my. Sy oë op die deur wat moet oopgaan …

En as ek oopmaak, begin hy bewe en dan die gekerm. Wat ek met ‘n kwaai “Nee” stilmaak. En hom dan vryf as hy gehoorsaam.

Ons twee gaan daar kom, maar ek is lus om die nat-panty-ouvrou wat agter ons woon te begin verkla. Daar is ‘n straat tussen ons, maar tog kan hoor en sien vergaan as haar hond enige iemand in die straat sien.

Dit is oorverdowend, maar ek kla haar nie aan nie. Die hond sien iets, en hy wil haar laat weet.

O ja, ek weet dit is nie bure in die kompleks nie. Ek het hulle gevra of hy gehuil het. En, dit is nie die eerste keer wat sy haar neus indruk nie. Kleinseun het mos een dag ‘n massiewe tantrum gegooi en ek kon hom nie daaruit kry nie. Ek en hy het maar buite op die gras gesit terwyl ek troos.

En net toe hy aan die slaap is, kom die ou vrou aan my deur se klokkie druk. Hy het darem nie wakker geword nie, maar die antie wou net weet of alles reg is by my. Ek het verduidelik dat dit ‘n tweejarige se tantrum was. Daarna het die dogter, wat seker so oud soos ek is, ons twee in die straat gekry. Toe wil sy my vertel dat ek die baba nie uit die waentjie moet haal as hy slaap nie! Asof ek sal luister en asof ek raad gevra het.

My seun sê hulle het uit ‘n kompleks getrek omdat komplekslewe kompleks is. Maar, dit is nie asof hulle nie in ‘n huis sonde met die bure het nie. Skoondogter moes al meer as een keer vir bure vra om nie so te lawaai nie …

Dit gaan eerder oor mense wat hulle neuse indruk waar dit nie hoort nie. Manlief sê ek moet omstap en vir haar gaan verduidelik. Ek voel sy moet die kortste pad warm plek toe vat.

Dus gaan ek beslis nie omstap nie. Ek is seker die hoofkantoor het haar gevra om empatie te hê, ons woefkind bly al twee jaar hier, dit is moeilike tye …

Hooffoto: Bekka sit heel regs, BB lê links en Shilo sit in middel. En nou is net Bekka oor …

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

13 gedagtes oor “Bekka en sonde met die bure

  1. si jammer te hoor. My digter het ook si sonde met due bure gehad oor haar macaws. Toe maak sy vriende mer d bure, nooi hulle vir braais ens. Einde vd geklaery

    Like

  2. AI tog asof mens nie genoeg trauma beleef nie….ek sal omstap na haar toe en haar mooi saggies gaan vertel dat mense wat alewig fout soek met alles, nie moet wonder hoekom daar soveel drama in hul eie lewe is nie….want ek is seker sy het baie moeilikheid wat haar ry. Sulke nat pantie anties veroorsaak in elk geval hul eie pyne!

    Liked by 1 person

    1. Dit is so. Vang ek die ouvrou dogter by ons muur toe ons by die huis kom. Aan die ander kant van die huis, sy sien nie wanneer ons inmom nie. Toe loop sy draai na haar plek, te dom om te weet ek kan net wag en sien hoe die pienk mussie na haar eie huis gaan …

      Like

  3. Ag, ek’s so jammer om van BB te hoor. Jy gaan deur ‘n moeilike tyd met die verlies van jou honde kinders – my hart is saam met jou seer. Moet jou tog maar nie steur aan daardie neus-indrukkerige-ouvrou nie … mens kry hulle ongelukkig orals (in komplekse en in gewone strate). Ons Juliet meisiehond was ook alleen nadat Stoffel (haar lewenslange maatjie) dood is (sy is toe self 6 maande later dood). En sy was net so hartverskeurend as ons haar alleen gelos het. Ek het altyd die televisie vir haar aangelos en my slippers en ‘n ou trui van Berto by haar mandjie neergesit … en dit het gehelp dat sy nie so gehuil het nie. Sterkte Christa.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Dr Christa van Staden Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.