Vir die tweede keer in een jaar moes ek die besluit neem dat een van my hondjies genadedood kry. Hierdie keer was die besluit makliker, maar ook erger want sy was baie siek.
Ons was twee weke by die see. Ek het al geskryf dat ek per ongeluk op BB getrap het toe sy onder my duvet slaap langs my bed. Haar beentjie is beseer, op die knietjie. Veearts in Riversdal wou opereer, maar ek wou nie. Wou eers hier in Centurion laat doen, hoe reis mens met beseerde woefkind?
BB het egter die volgende dag weer op haar beentjie getrap en geloop, dus kon die kruisligamente nie af gewees het nie, net gerek. Sy het oral gestap en was uiterlik gesond.
Die week het dus verbygegaan met ‘n gesonde woefkind, wat net baie stadig stap. Sy het reeds op pad see toe stadig gestap, was baie lusteloos en het nie aan goed geruik wanneer ons stop nie.
Sy het teen die Vrydag skielik opgehou om te eet, haarself naar gemaak en wou ook nie water drink nie. Ek moes met drupper ingee. Op die pad wou sy ook nie eet of drink nie, maar sy doen nooit wanneer ons op die pad is nie.
Sondagoggend was sy behoorlik siek. Ek het aangeneem sy is gedehidreer en het haar veearts toe geneem. Haar neusie het geloop. Sy het antibiotika gekry, haar beentjie was reg volgens die veearts. Dus sou ek haar onnodig laat opereer het en skade berokken het.
Haar probleem is iets anders, woefkinders verloor nie volgens die veearts soveel gewig as hulle ‘n paar dae nie eet nie. Sy het bloede getoets en gevind dat haar infeksietelling hemel hoog is. Sy het te min rooi bloedselle, te veel wit. Dit dui op kanker. Dalk maagvirus. Beslis ernstig siek.
Ek moes kies, aan die slaap maak of drup probeer.
Ons moes haar die volgende oggend vir ‘n drup vat, dit moet lank in wees en hulle maak toe weens die Sondag.
Aangesien Maandag ‘n vakansiedag is, sou hulle weer toemaak maar die veearts het voorgestel dat sy haar huis toe sou neem omdat hulle twee-uur toemaak en 24-uur drup noodsaaklik is.
Dinsdagoggend het ek vir die oproep gewag om haar te gaan haal, net om te hoor dat BB baie siek is. Die drup, medisyne en alles het niks gehelp nie. BB het in die 24-uur nie die basiese gedoen nie, reageer op niks.
Wat wou ek doen?
Ek wou haar gaan haal, haat huis toe bring dat sy alaml groet. Maar, daar gekom, is die besluit uit my hande geneem.
Sy is ‘n lewende lyk, reageer nie, ky nie vir my nie, probeer opstaan, maar die lyfie wil nie meer nie. Haar ogies is dof, sy kyk reeds ver in die toekoms in.
Ek hou vas, huil, vra raad. Die raad is klinies eenvoudig.
BB het ‘n goeie innings gehad. Ek kan na ‘n spesialis verwys word, maar sy dink nie BB gaan dit maak tot ons daar kom nie.
En toe besluit ek om, anders as met Shilo, by die veearts se besluit te berus. Wat sou sy doen as dit haar hondjie was?
Sy sou haar laat aan die slaap maak, die medikasie help nie, sy gaan te vinnig agteruit. Sy is reeds amper daar, sy sou haar die lyding spaar.
Ek wou nie hystaan nie, en ek is so dankbaar die lykie is nie soos met Shilo my laaste herinneringe aan haar nie. My laaste herinneringe is ‘n lappoppie in my arms.
Ek wou nie as neem nie, die redes gaan ek nie verskaf nie, daar is mense wat aanstoot kan neem. As ek haar eie as wou hê, moes ek R5000 betaal en die hemel weet, dit is rowery.
Ek het iets anders gekry, iets wat verskriklik spesiaal is.
BB se voetafdrukkie, soos ‘n herinnering wat na aan my hart kan bly. Haar hier by my hou, lewendig. Wens ek het dit geweet en vir Shilo gevra, maar daardie Stilbaai dierekliniek veearts weet nie eens van sulke sentimente. nie!
Sy is nie soos Shilo begrawe nie, want ek kon nie aan sy lykie raak nie, nie eens kyk nie. Ek was mos by, al het ek gesmeek om nie te wees nie. Hierdie veearts verstaan, daar is baie mense wat nie kan nie. En ons diere verstaan volgens haar.
Vier dae later is die snikke steeds te naby, word ek ontsteld as iemand net skeef na my kyk. Ek is ontsteld genoeg omdat ek nie geweet het hoe siek sy was nie.
Maar, ek het in twee weke R10 000 betaal om hulp te kry met haar. En dit het nie gehelp nie.
Sy is weg.
En ek en Bekka is alleen agter … ‘n storie vir ‘n ander dag.
Dis baie hartseer. Baie liefde en drukkies vir jou 🤗🤗🤗🙏🏻🙏🏻
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, dit is te erg vir my. Sy was my baba, my maatjie, jy oppasser.
LikeLike
So verskriklik jammer om dit te hoor, Christa🥹 sterkte vir jou💕🙏🏻
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Aletta, ek is so hartseer. Sy was my eerste Schnauser en my hart se punt.
LikeLiked by 1 person
Kan dit goed verstaan 💕
LikeLiked by 1 person
Ek is so jammer. Baie sterkte. Ek mis nou nog my katjie wat ek oor die reënboog brug moes help. Dis nooit maklik nie.
LikeLiked by 1 person
Jy stel dit so mooi, ek gaan daaraan vashou. Want ek sukkel met woorde vir waarvoor ek toestemming moes gee. Danki vir die empatie.
LikeLiked by 1 person
Baie jammer om te hoor Christa
LikeLiked by 1 person
Dankie, liewe Virgo, my hart sukkel.
LikeLike
Stywe druk vir jou. Dis baie hartseer maar tog die regte ding gewees.
LikeLiked by 1 person
Ek is so jammer!!! Dis ongelooflik erg….so jammer vir jou….🥰
LikeLike
Dankie vriendin, ek is nie lekker nie
LikeLiked by 1 person
😪😪😪😪
LikeLike
Ek huil saam met jou, dis verskriklik erg
LikeLiked by 1 person
Dankie, ek sukkel omdat ek wonder of ek nie maar meer toetse moes laat doen nie. Maar, dan weet ek dit sou nie help nie. Sy wou nie eet en water drink nie.
LikeLike
Dis ‘n groot eina – die dood van ons viervoet kinders. Ek hou van die voetafdrukkie … wens ek kon dit met ons twee spanjoele doen. Drukkie vir jou 💕.
LikeLiked by 1 person
Dankie, dit is so spesiaal. Voel of ek aan haar kon vat, as ek verlang. Ek doen ook ..;
LikeLiked by 1 person