Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Kleinkindpret: Ai wêna

Kleinkind kan Afrikaans en Engels bykans ewe goed praat en verstaan. Engels leer hy homself deur sy stories.

En ek staan verstom oor die kwaliteit en kwantiteit van sy taalgebruik. As hy vashaak, spreek hy ‘n Afrikaanse woord Engels uit, soos byvoorbeeld:

“The dogs are blaffing.”

Ja, jy lees reg, hy gebruik die is’s en are’s reg! Die blaffing is kosbaar. Of

“The tannie will not like it.”

Ek wou sommer dubbeld vou van die lag vir die tannie, maar dan praat ons Engels terug. Hy het mos eers Engels en toe Afrikaans gepraat. Die kleuterskool wou weet of hy Engels is toe hy op amper 3 kleuterskool toe is.

Nou praat hy ewe skielik weer meer Engels.

So kuier hy Saterdag by my, en ons speel te lekker. Van legkaart bou tot wegkruipertjie tot saam TV kyk. Ek is mal daaroor om saam met hom te kyk, ek mag vertel wat in die fliek aangaan, hoef nie stil te bly nie.

Iewers doen hy iets snaaks, en ek sê vir hom: “Ai wêna.” Gewoonweg.

En kry ek raas, ek moenie so lelik praat nie.

Verras kyk ek vir hom, en hy is baie ernstig, ouma moenie so lelik praat nie. Ek sê dit is nie lelik nie, dit beteken ai jy. Maar hy hou vol, ouma het lelik gepraat!

Sal maar nie ‘n derde taal inbring nie …

Volgens sy ouers sê hy mens praat lelik met hom as jy hard praat, maar ek het nie hard gepraat of geraas nie. Ek was eerder na aan lag. Ek neem dus eerder aan dit is omdat hy die woord nie ken nie, en dan moet dit ‘n lelike woord wees …

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

7 gedagtes oor “Kleinkindpret: Ai wêna

  1. My jongste kleinkinders praat Engels en Duits. Hulle sal seker Afrikaans by die skool leer, alhoewel toe ek vir hulle ‘n paar Afrikaanse woorde gegee het, het hulle nogal maklik uitgewerk wat hulle beteken het.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Aletta - nowathome Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.