Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Kleinkindpret – ek is alleen!

Ons was drie weke by die see. En in daardie tyd het jongste kleinkind vreeslik na ons verlang. En ek en oupa na hom.

Hulle het gereeld by die huis omgekom en die plante water gegee, my motor gery dat die battery nie afloop nie. En hulle het ook Home Alone by hulle huis gekyk.

Hy het vaste gewoontes as hy by ons kuier. Soos dat ek nie mag oopmaak voordat hy die klokkie gedruk het nie. Dan is die hartjie bie seer.

Maar, soos hy alleen na die voordeur loop, roep hy my ook. “Ouma, ek is hier …”

Seun sê hy het deur die huis geloop en ouma en oupa geroep. En as hy sê ons kuier bietjie by die ander kleinkinders, was dit nie meer goed genoeg nie. Ons het volgens hom nou lank daar gekuier, nou moet ons by hom kuier.

Die een dag stap hy deur die huis, roep ons en toe hy ons nie kry nie, is sy hartjie baie seer.

“Ek is alleen” huil hy.

Hulle sê nou maar wat van hulle. Want pappa en mamma is saam met hom.

Maar hy hou vol. Hy is alleen, want ouma en oupa is nie hier nie.

Hulle bel my toe op pad huis toe, en die stemmetjie praat huilerig van die agter sitplek af. Dit was die dag waarop hy besluit het hy is alleen.

Soos in die fliek Home Alone in ons huis.

En daar is ouma se stem ook weg. Sukkel ek om te praat.

En troos die kinders my …

Ai tog, ek weet nie of ek dit gaan regkry om so ver van hom af te gaan aftree nie …

Ek, wat so graag ‘n huisie by die see wou hê.

Ek en oupa het die fliek nougou weer gekyk. Want hy verras ons met goed uit die fliek. Sêgoed van die hoofkaraktertjie. Hoe oulik is dit nie?

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

8 gedagtes oor “Kleinkindpret – ek is alleen!

  1. Nou kan jy nou meer … ek en my broer het altyd, toe ons klein was, ook die Home Alone flieks gedurende die Desember skool vakansies gekyk. En toe hulle nou by ons uit Engeland kom kuier het, het ek en hy een aand by die eetkamer tafel gaan sit en weer Home Alone op my rekenaar gekyk. Ons het so gelag dat hulle kinders later kom saam kyk het.
    Hopenlik is kleinkind darem al heelwat groter wanneer julle permanent na die seehuis toe gaan, dan moet julle maar “face time” (ek het die woord by my broer se dogter geleer die vakansie)!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.