So een of twee Vrydae per maand is my wagdag, dan kom manlief van ander land, en wag ek vir die boodskappe …
Eers wag ek vir ons is amper op pad, wag net vir die bussie. Dan weet ek hy gaan betyds hier aankom, en kan ek so voor drie begin regmaak om hom by die Gautrein stasie te gaan haal.
Dan wag ek, dikwels verniet, dat hy laat weet dat hy op die lughawe is. Dit is ‘n nuutjie, manlief het uiteindelik ontdek hoe om die lughawe se wifi te gebruik om my te laat weet. Sal nie verbaas wees as hy dit moet kan gebruik om sy foonspeletjies te speel om die wagtyd daar om te kry nie. Soms laat hy ook weet dat hulle begin klim, maar ek weet hoe laat die vlug begin.
Dan wag ek vir die boodskap dat hulle geland het. En daar is ‘n lang tydperk voor hy weer laat weet dat hy vir die Gautrein wag. In daardie tyd wag hulle vir die bus wat hulle van vliegtuig na terminaal vat, hy is gewoonlik op die eerste bus, sit baie na aan voor op die vliegtuig. Dan moet hulle deur doeane gaan, waar hy ook dikwels in lang rye staan. En daarna moet hy uit die terminaal kom om by die trein uit te kom.
Dan wag ek vir ons ry nou, en boodskap dat hy by tweede laaste stasie is. Dit is sein dat ek kan ry, neem ongeveer so lank voor beide van ons by die Centurion Gautrein stasie is.
Hy is dan so naby drie-uur by my …
Die hele reisdag duur so ses ure, vanaf 08:45 tot 14:45. Vir hom is dit bussie of kar tot by lughawe, vliegtuig tot by OR Thambo, bus tot by terminaal, trein tot by my en dan by my in die kar. Is daar ‘n manier van vervoer wat hy nie gebruik nie? Ek twyfel amper, want taxi’s is ook maar motors …
En so begin my wagdag amper. Dit is nou een uur voordat die eerste boodskap gestuur word. Vir my is dit wag vir die boodskappe, vir hom boodskappe om sy vordering op die lang pad te laat weet …

Iets waaroor ek al lankal wou skryf, is die netheid en skoon van Gautreine en -stasies. Dit is mos gebou om in 2010 vir die sokker wêreldbeker gereed te wees … Wel, wie sou kon raai dat dit 13 jaar later steeds skoon en mooi en in werkende toestand is?
In ons land verval alles, van paaie, tot waterstelsels tot gedrag in die parlement, waar ongemanierde lede van die parlement die parlement oorneem en so lawaai dat ander nie kan praat nie. Tot banke wat bankrot doodloop.
Die Gautrein is in privaatbesit, daarom werk dit steeds. So mooi en skoon soos toe dit in gebruik geneem is …
Ons vliegtuie is ook skoon en mooi en betyds. Daarom kan ek daarop staatmaak dat hy betyds by elke punt gaan wees. Soms word die vlug vir ‘n rukkie vertraag weens probleem met iemand se bagasie. Maar, dit is gewoonlik ook betyds. Geen Afrika-tyd vir die trein of vliegtuig nie …
Ek is baie bly om te hoor dat die Gautrein stasie so mooi en skoon is – dis goeie nuus! Daar is wel ‘n vervoermiddel waarvan jou man nie gebruik maak nie … boot! Maar hopenlik sal dit nie nodig wees nie! Vir my is die lughawe sinoniem met: “Hurry up and wait”. Want ‘n mens jaag om betyds by die lughawe te kom, dan wag jy. Dan jaag jy om deur doeane te gaan, dan wag jy. Dan jaag jy om tot in die vliegtuig te kom, dan wag jy … en so gaan dit aan!
Sterkte met jou wag!
LikeLiked by 1 person
O ja! Boot! Stem so saam met jou, en soms wag jy steeds, fout met vliegtuig. Glo my, dan kla ek nie oor wag nie …
LikeLike
Ek is dol daaroor om met die Gautrain te ry, net omdat dit voel soos “in die ou dae!” Skoon en effektief. Wys net, nê!
LikeLiked by 1 person
Stem saam met jou, en dit voel veilig
LikeLiked by 1 person