Gepubliseer in Joernaal

Snaakse antwoorde Kyk Wie Praat episode 1

Dit is weer tyd vir een van my gunsteling reekse, naamlik Kyk Wie Praat.

Dit is Woensdae om 20h00 op KykNET. Die klitsies is nog baie jonk, so tussen ses en nege.

Vanaand se snaakse goed was:

* Wat is loadshedding in Afrikaans? Antwoord: Eskom

* Het jy al iets gebreek en gemaak of dit iemand anders is? Ja. ‘n spieël, toe sit ek dit onder die kussing op die bank en toe laat my pa dit val en toe dink hy hy het dit gebreek! Ander een, ja, ek het leer gebreek toe ek daarop staan, toe probeer boetie my help om reg te maak, en toe my ma vra wie het dit gedoen, sê ek dit was hy.

* Hoe maak mens krag? Mense het krag, en as hulle doodgaan word iets in hulle gesteek om die krag te kry. Vraag verder? Is daar so baie dooie mense? Ja, die oorloë maak ook baie dooie mense. En, hulle bene het ook krag, dan word dit uitgesuig …

Dan doen die aanbieder ook snaakse, stout voorstelle. Sê vir kinders wat luister dat hulle van daardie klappers onder die toilet se sitplek moet sit en kyk wat gebeur. Een van die kinders het juis gesê dat mens nommer 1 en 2 en 3 daarmee afvee toe hy toiletpapier moes verduidelik. Volgens hom gaan mens dan uitvind wat nommer 3 nou eintlik is.

Ek en manlief is gek oor die reeks, ek dink dit is die derde seisoen. Kyk julle?

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

Een gedagte oor “Snaakse antwoorde Kyk Wie Praat episode 1

  1. Toe ons nog ‘n TV gehad het, het ek soms die reeks “raak geloop” en het dit dan ook geniet. Ek hou van die Afrikaanse woord vir loadshedding … nou ja, uit die mond van die suigeling kom die waarheid 🙂

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.