Ek en manlief skuif gereeld aan ons huis. Aan die een kant voel dit regtig soos vakansie as die huis anders lyk.
Maar aan die ander kant het ons gereeld getrek. En meubels gekoop om spasies vol te maak in huise. Manlief is ‘n Tuks-gegraduerde mynbou-ingenieur. Tog moes ons heel onder begin toe ons op die myn kom.
Daardie tyd het ons mynhuise gekry. En elke keer as manlief bevorder word, moes ons na groter huis trek. Een wat volgens die myn ook beter is. Ek het een keer vasgeskop, ek trek nie. Die huis was nie beter nie en die een bestuurder het vanuit die hoogte van sy huis op my tuin en swembad afgekyk. Daar wil ek nie bly nie.
Dit was een gedoente, met die bestuur van die myn wat deur my huis kom masjeer het. Om met my saam te stem dat die huis beter is. Dit is toe opgegradeer – nie die huis nie maar sy gradering – en ek kon bly waar ek is.
Dit was groot besluit – want ons het vir ‘n dertiende tjek dankie, maar nee dankie gesē. Hulle het dit “upset allowance” genoem.
Maar, dit is nie waaroor ek wil gesels nie.
Ons het so gevorder tot op bestuursvlak, wat beteken dat ons elke keer groter en groter en groter huise gekry het. En daarmee saam het meubels gekom wat groot huise moet volstaan.
In 2002 het ons halt geroep en ons eie huis in Welkom gekoop, naby Welkom Gimnasium. Ek kon skool toe stap. En in 2005 is die huis verkoop toe ons groot stad toe getrek het. En daar het ons ‘n dubbelverdieping huis aangeskaf. Met vyf leefvertrekke en ‘n kombuis en opwas en toilet onder en vier slaapkamers, ‘n studeerkamer en verskeie stoepe bo – wat ook gevul moes word,
Dus het ek nou te veel meubels vir ons meenthuis met drie leefvertrekke en drie slaapkamers op een vlak. Veral omdat die een slaapkamer ‘n studeerkamer geword het. En ek besig is om die tweede een my naaldwerkkamer te maak.
Die ding is, ons het groot en lomp mubels oor die jare bymekaar gemaak. Soos ‘n bruin leerstel wat in ‘n L-vorm ontwerp is. En die stel het nou al veroorsaak dat die huis op verskeie maniere geskuif is.
Dit het eers in die vertrek gestaan wat die vorige eienares as TV-kamer gebruik het. Maar dit kon op geen manier geskuif word om ‘n goeie deurgang na die stoep oop te laat nie.
Toe skuif ons die TV na die vertrek langsaan, wat ook meer son kry. En so dat dit nie voor ‘n venster staan nie. En toe kry ek die idee dat ons nog ‘n bank kan insit, as die L juis voor die een venster gevorm word.
Die vertrek lyk mooi so, veral omdat dit groter lyk omdat ons die tafel teen die muur geskuif het. Nog iets wat van groot huise met baie leefvertrekke kom – ek het ‘n verskeidenheid baie groot tafels waarvan sommiges by die see is en ander in die stoor by rivier gestoor word – manlief gooi nie weg nie, verkoop nie en kom elke keer met waentjie vrag vol meubels en bokse terug as ons by rivier was …
So kom kuier kleinseun Sondag vir my.
En nadat hy so rukkie in die TV-kamer was, vra hy my:
“Ouma, hoekom is jou huis so deurmekaar?”
Ek het dadelik besef dat die vertrek wat anders geskuif is, die probleem is. Want, manlief was die week in ander land. En die huis is besonder netjies na die week. Nie dat hy deurmekaar maak nie, alles was net soort van op hulle regte plekke.
Toe vra ek maar of die bank nie op sy regte plek is nie, en sê hy ja, die huis is nou deurmekaar.
Ek wou die ou dingetjie sommer opeet.
Is hy nie alte oulik nie?
As goed nie meer staan waar dit gestaan het nie, is die huis seker deurmekaar?
Hooffot: Die los kussings moet vervang word ….
Ons het ook al baie getrek. My probleem is nie eintlik meubels nie, maar boeke!
LikeLiked by 1 person
Ek het ook baie boeke, die keer moet ek laat gaan as ons stoor pak.
LikeLiked by 1 person
Ek verstaan presies hoe dit gaan. Ons is juis nou besig met daardie proses. Gooi nou uit vir ‘n vale! Dis nogal bevrydend om van die clutter ontslae te raak. Tot van ekstra meubels ontslae geraak! Nou is als verander en ons geniet dit!
LikeLiked by 2 people
Ai Aletta, my man gooi nie uit nie. Hy dra na sy nes en pas in … Geniet dit sommer baie.
LikeLiked by 1 person
Dankie Christa.☺️
LikeLiked by 1 person
Ek het al vertel, maar ons het in 2018 (na ons die Camino’s in Spanje en Portugal gestap het), besluit om meer minimalisties te leef! En soos Aletta, was dit ook vir ons ‘n bevrydende gevoel om die huis leeg te maak van alles wat eintlik net plek opgevat het. Ons het onder andere ons televisie weggegee. En toe ons huis op skou was, het die mense wat ons huis op die ou end gekoop het, lank deur die huis gestap om te besluit waar hulle hulle meubels gaan sit. Hulle 7-jarige seuntjie het toe na my toe gekom en saggies gevra of hulle by ons ingebreek het. Ek sê toe nee, hoekom vra hy so. Dis toe dat hy sê: “Maar wie het dan Tannie-hulle se TV gevat?” Ons het so lekker gelag 😄.
LikeLiked by 1 person
O my word, dit is baie, baie snaaks! Kinders is oulike goedjies.
LikeLiked by 1 person
Ag ouma
LikeLiked by 1 person