Ons het by Planet Fitness naby ons aangesluit en oefen so drie keer per week. ‘n Groot frustrasie is om die regte sportbra op te spoor,
Die goed lyk soos iets wat uit Noag se ark dateer, dit is nou te sê as sy vrou toe al so iets gedra het. Dit is groot en lomp en van stywe en harde materiaal gemaak. Ek verstaan dat dit moet vashou, maar daardie materiale doen meer as dit. Dit kan my maklik versmoor.
Dan het die meeste nie slegs hakies en ogies om vas te maak nie. O nee, jy moet jou daarin wurm want dit moet oor die kop of boude aankom.
Oor die kop is een groot nagmerrie, want mens se arms moet in vreemde en ongemaklike posisies vou om dit oor te kry.
Ding is, dit moet soos tweede vel sit, anders is dit waardeloos. Daar is dinge wat vasgehou moet word. Maar, om so vas te sit, moet dit onder dinge baie nou wees, nouer as boude en skouers…
Maar, dit is nie die grootste probleem nie. Alleen in ‘n aantrekhokkie kom dit baie moeiliker weer bo-oor arms wat in vreemde posises ingeforseer word en hande wat moet probeer vasvat om oor te trek. Ek dink ek sal nog ‘n ledemaat so verrek. Dus is dit uitgesukkel om nie te koop nie. Genadiglik is dit die keer uit.
En toe ontdek ek een wat sowaar agter oopmaak en dus uit en aan kan kom. Nadat ek maar teen sportbra’s besluit het.
Wat my natuurlik by die vraag bring – Wie maak sportbra’s?
Kan nie ‘n vrou wees nie, want as dit is, maak sy dit sonder om navorsing te doen of aan te pas! En hoe erg mens gemartel en teister word terwyl jy uit en aantreak.
Die t-hempagtige goedjies werk nie, dit trek wel makliker oor die kop of boude. Maar dan moet dit nie doelloos wees nie.
Dus vra ek weer: Wie ontwerp sportbra’s?
En … waarom kla niemand nie?
Ek sal dit nogal maklik op ‘n hoop kon verbrand, al is ek nie ‘n kampvegter vir sulke optrede nie.
Ja-nee, nou praat jy! Ek wonder dieselfde. Daar is geen bra wat my behoorlik bymekaar kan hou nie. Daars altyd dele wat uitpeul waar dit nie moet nie. En dan beweer hul dis sport-bras wat werk? Nee wat, ek’t al moed opgegee. Daardie inklim goed kom ek gladnie in nie.(Ek grinnik nou lekker terwyl ek hieraan dink.)
LikeLiked by 1 person
Jitte, Scrapy, dit is baie sleg. Ek kan ons almal sien in aantrekhokkies aanpas en uitgooi en sommer sonder enige iets aan oefen.
LikeLike
In die winter doen ek sonder maar in somer moet mens wel iets aan hê.
LikeLiked by 1 person
Inderdaad, maar ek kan nie sonder nie.
LikeLike
Vandat ek nie meer werk nie gaan ek sonder behalwe as ek uitgaan of gaan kuier.
LikeLiked by 1 person
Ek doen glad nie, hou hulle maar nog bymekaar.
LikeLiked by 1 person
In die 60’s was ons slagspreuk: ban the bra. Hoekom her ons onsself weer onderwerp aan mans?
LikeLiked by 1 person
Jy weet dan!
LikeLike
Ek het ook gekry met hakies agter en dit werk baie goed.
LikeLiked by 1 person
Ek het myne by Makro ontdek. So bly jy kon ook een kry wat nie ‘n martelbra is nie.
LikeLiked by 1 person
Myne by Jet gekry.
LikeLiked by 1 person
Wag dat jy groot nommers dra…
LikeLiked by 1 person
Kan my net voorstel, dan lyk dit seker soos martelbra’s?
LikeLike
Brand daai bra Christa, ek dink baie van ons sal kom meedoen
LikeLiked by 1 person
Dan maak oms so plan!
LikeLiked by 1 person