Ons gaan Saterdag gou na Centurion Mall, ‘n relatief ou winkelsentrum, maar eintlik nuut ook.
Dit is wel in die sentrale besigheidsentrum van Centurion, maar, hierdie besigheidsentrum het nie verval nie, is nie oorgeneem deur boewe nie. Miskien omdat dit omring is deur groot besighede soos PGM wat kantore daar het. Miskien ook omdat die taxi-deel beheer word, hulle is nie by die deure soos by sommige ander winkelsenta nie.
Ek hou van die sentrum. Dit het in die middel in lang, breë oop gedeelte tussen winkels en restaurante, met winkels se deure wat oop gedeelte uitloop. As jy opkyk, sien jy die wolke en die hemelruim, voel jy die son op jou vel soos wat jy aanstap, lui-lekker gevoel.
Dit is op plekke dubbelverdieping en selfs drieverdieping gebou, met die derde verdieping soort van ‘n kelderagtige verlaging eerder as verdieping. Daar is nie ‘n parkering probleem nie omdat mens reg rondom die massiewe sentrum kan parkeer, op verskillende vlakke.
Ons het naby die ingang by Pep en Ackermans gestop, daar ingegaan, skoentjies omgeruil en in die gang deurgestap (rooi pyl op foto) na die oop gedeelte (blou gemerk op foto).

Skuis bo regs kan ‘n gedeelte. an die Hennopsrivier gesien word. Toe ons jonger was, seker dan so 20 jaar gelede, was daar ‘n musikale fontein by daardie uitgang van die sentrum. Dit was werklik hemels om daarna te kyk en luister. Dit is lyk my weg, die senteum het selfs uitsig op die rivier toegemaak. Die rede? Erge waterbesoedeling, en ‘n vreeslike stank. Hoe jammer is dit nie?
Die volgende oomblik is daar agter ons ‘n geweldige lawaai, met swart vrouens wat gil en skree.
Ek het my oorhoeks geskrik, my eerste reaksie was om weg van die lawaai te vlug. Daar was al gewapende roof in die sentrum, ek wil so ver as moontlik van die gevaar kom. My voete was egter aan die grodn vasgeplak.
Langs my het manlief gestop, en teruggedraai na waar die gillery vandaan kom. Die gang is nie reguit nie, dit kronkel, dus kan mens nie tot by die ingang sien nie.
Ek was so geskok, ons moet vlug en hy staan en kyk terug.
Langs my het ‘n pa en ma met ‘n stootwaentjie gestop en ook terug probeer kyk, al kon hulle nie ver sien nie. Genade tog, ek wou hulle aan die ore verder sleep, hulle is ‘n teiken, hulle kan nie so maklik soos ons net verdwyn nie.
Die lawaai het effens bedaar en manlief het gesê dat dit diefstal was. Iemand het goed gegryp en gehardloop …
Ons het rustig verder inkopies gedoen, en toe weer in daardie selfde gangetjie terug gestap motor toe. Toe ons verby een van die stalletjies in die middel van die gangetjie loop, lig manlief my in dat die diefstal daar moes plaasgevind het. Dit was die vrouens wat daar parfuum en brille verkoop het wat so geskree het.
Eers toe het ek weer aan my groot skrik gedink.
Het ons so blasé geword dat ons net kan aangaan met ons lewens as ek minute gelede nog gedink het dat ek in lewensgevaar verkeer?
Ek dink nie so nie. Ek dink eerder dit was manlief se rustigheid oor die saak. Hy was ‘n soldaat, en hulle weet wanneer daar gevaar is. En wanneer ander soort gille mens laat skrik. Hierdie gille was nie die gille van mense in lewensgevaar nie, maar eerder van mense wat beroof is.
Ek glo dat die skuldiges nie ver gekom het nie, daarvoor het die vrouens se skril stemme heeltemal te veel aandag op hulle getrek.
Ai, dit is so jammer dat hulle sommer oop en bloot wil steel.
LikeLiked by 1 person
Is so, mens skrik nogals baie groot.
LikeLike
Dis hoekom ons vrouens partykeer so hard moet gil … om daardie diewe in hulle spore te stop!
LikeLiked by 1 person
Jy weet dan! Ek wonder net of ek sal gil?
LikeLiked by 1 person
In daardie einste mall is ons eenkeer gevra om te ontruim. Hulle het n bomwaarskuwing gehad. En daar het my 2jarige kind eenkeer weggeraak,- rn na n halfuur se vrugtelose gesoek, het sy al huppelend en glimlaggend weer opgedaag. Volgens haar het sy net ‘n entjie gaan stap. En daar waar die fontein eers was, het ons na Kimera gaan kyk…
LikeLiked by 1 person
Ag Seegogga, jy gaan moet skryf daaroor. So lekker om te hoor dat ons winkelsentrum wyd bekend is.
LikeLike
Ek sou ook groot geskrik het.
LikeLiked by 1 person
Ek het daarna so stupid gevoel, sou nie gaan kyk of ek kan help, sou vlug na veiligheid.
LikeLike
In 2002, toe ons net Centurion toe getrek het, was ek en die dogters elke naweek in daai einste mall, ons het voete seer geloop. Nou hardloop ek in en uit en slegs as dit nie anders kan nie.
LikeLiked by 1 person
Ag dit is so waar, ek het ook van winkel tot winkel geloop. Nou eet onsskaars daar. Maar, ek wil gaan fliek
LikeLike