Gepubliseer in Joernaal

As ek net een stel klere mag kies …

Ek antwoord nie die vrae wat Jetpack vra nie, maar ek gaan vandag een beantwoord op grond van vriendinne se antwoorde.

Kyk, dit is nou een plek waar ek gaan sukkel. Ek kan nie elke dag dieselfde klere dra nie.

Ek het vir my ‘n denim romp gemaak wat ek seker elke dag sal kan dra. Maar, soos Toortsie geskryf het, sal ek verskeie bloese moet hê om te dra. So, sal ek seker plan maak en die rompie optrek tot oor my boobs dat dit soos ‘n rokkie kan werk. Want nêrens staan dat ek nie bykomstighede mag hē nie. En daardie bykomstighede sal dan verskillende bloese wees …

Wat skoene betref, gaan ek my Kazakhstan stewels moet var. Ek kan nie soos my ander vriendinne op sandale en skoentjies staatmaak nie, my voete vries in die winter. In die somer sal ek maar skoenloos gaan?

Ek dink ek gaan ‘n keuse maak. My lekker warm Kazakhstan jas, want dit word vrieskoud (soos kleinkind dit noem) in die winter. Met my Kazakhstan winter stewels.

Daar staan niks oor wat ek onderaan mag dra nie. En dit, my liewe vriende, is waar ek die skuiwergat gaan gebruik.

Elke dag ander klere, mooi weggesteek onder die jas. En as ek moes uittrek, kan ek myself mos verweer.

Dit is my onder klere … Buitendien, as ek in Kazakhstan by ‘n restaurant of winkel ingestap het, het ek my jas uitgetrek. En gehang waar mens moet. Ek kan mos nie kaalbas daaronder wees nie ….

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

7 gedagtes oor “As ek net een stel klere mag kies …

  1. Jy’t nou ‘n slim plan gemaak 😄. Noudat ek daaraan dink, ek het ook ‘n lekker lang jas – dalk kan ek in die sakke van die jas ‘n hele paar sokkies “wegsteek” wat ek ander dae saam met my tekkies kan aantrek!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.