Gepubliseer in Joernaal,Tegnologie

Apple en Macintosh

Ek kyk verlede week Wie wil ‘n Miljoenêr word, en word tot in my skoene verras. Oor iets wat ek nie geweet het nie.

Ek het al vertel dat ek ‘n Apple fanatikus is.

Ek het die groot iMac staanrekenaar in 2013 gekoop, met ‘n MacAir skootrekenaar, ook so 2013 ge kant gekoop. Beide in goeie toestand en word daagliks gebruik.

Dan het ek ‘n iPad, iPod, Airpods, iPad mini, Apple pen, Apple horlosie en verskeie iPhones. Eerste een gekoop toe Blackberry vou en nooit weer afgewyk nie. Al my toestelle skkel gemklik by mekaar in. En my VW Tiguan werk ook met my toestelle.

Ek het al gewonder oor die Mac en Apple byvoorbeeld in die name van my toestelle. En ek weet hulle bedryfstelsel is MacIntosch.

Wat ek nie geweet het nie, is dat MacIntosh ‘n soort appel is. En toe maak alles sin. Die gehapte appel kenteken maak net sin. Dit maak sin om ‘n appel te vat eerder as om MacIntosch te probeer voorstel.

Iewers in my grootwordjare is ons nogals gewaarsku teen geha-te appels. Kan nie meer onthou wat dit beteken nie. Ek hou egter baie van my Apple produkte, met hulle kenteken en al.

Nie dat ek nie gewonder het nie. Ek het al baie gewonder waarom Apple. Net nog nie die moeite gedoen om te probeer uitvind nie .l.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

2 gedagtes oor “Apple en Macintosh

  1. Ek het ook ‘n MacBook Air (en die enigste rede waarom ek dit ‘n paar jaar gelede gekoop het, is omdat dit so lekker kompak is vir wanneer ons reis, want dit gaan altyd saam). Al waaraan ek nou kan dink, is ‘n “appel ‘n dag laat die dokter wag” 🍏🍎.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op wetanddustyroads Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.