Gepubliseer in Joernaal

Vreugdesteler: Om te nagekom te voel …

Vanoggend se leesplan spreek direk met my. En dit is so waar, as ek te na gekom voel, vind ek geen vreugde in enige iets wat ek rondom my sien nie. En daar is soveel redes om danbaar eerder as so te voel.

Ek het hier eers geskryf oor soveel dinge wat my te na gekom laat voel. En toe ek vanoggend wakker word, het ek net besluit dat dit moet uit. So asof ek gesoek het na redes waarom ek ongelukkig behoort te wees. So, wat is die teenmiddel volgens die skrywer?

Eenvoudig. As ek saadjies van vreugde wil saai, moet ek saai en vergeet daarvan. Die vreugde moet wees in die saai en nie in die oes wat dit moontlik kan bring nie. As ek dit nie doen nie, sal ek ongelukkig wees. Nie bitter nie, nie onvergewensgesind nie. Ek is nie een van die twee nie. Ek is net ongelukkig daaroor. En dit steel dan duidelik my vreugde …

Hoofprent: Ek het iets gesoek wat pas by “feeling betrayed” en ek dink die ene sê dalk meer as ander. Om vertroue in ander te plaas om jou vreugde te verskaf is nie ‘n goeie idee nie. Jy moet self die stappe neem.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

4 gedagtes oor “Vreugdesteler: Om te nagekom te voel …

  1. Daardie vers in Spreuke is darem treffend, ne? Ja, om te vergewe is nie maklik nie (veral as ons te na gekom is in die proses) … maar wat ‘n bevryding is dit nie as mens dit wel kan regkry! Dankie vir die deel hiervan … daar’s soveel waarde in hierdie stukkie 🌸.

    Liked by 1 person

  2. Ek het vanoggend episode 6 van die podcast “I lived through it” geluister, die verhaal van Willem wat as kind gemollesteer is deur 2 verskillende mense, ook mishandel deur sy pa en die vergewing wat hy moes doen omdat die goed in so ‘n mate aan hom gevreet het, dat hy werklik onaangenaam geraak het. Vergewing is broodnodig vir die ou wat die vergeef-werk doen om te kan aangaan (fisies en geestelik0

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.