Ons jongste kleinkind bly drie dae per week voldag by ouma. En sy moet dus seker maak dat hy mooi ontwikkel so tussen die spelery deur. Een daarvan is om seker te maak dat sy groot spiere goed ontwikkel.
Nadat ek opgelees het en gekyk het wat moet hoe geoefen word, besluit ek dit is tyd vir een beentjie staan.
Ek vra hom toe om mooi te kyk, en sê staan op een beentjie. Trek my romp mooi op dat hy sien hoe dit is as ouma op een been staan. Hy lig beentjie op en sit dadelik weer neer. Ouma se kind, soek vaste grond onder altwee voetjies.
Maar ouma hou haar posisie op een been, ons moet mos leer om dit te doen.
En ouma moedig aan: Staan op een beentjie.
En raai wat doen ons planmakertjie?
Hy loop tot by tafel, druk op die blad en hou die een beentjie baie lank in die lug.
Wat kan ouma sê?
Sy is ‘n juffrou. En hy het gedoen wat ek gevra het. Hy staan op een beentjie, leunstaan maar net een voet is op die grond.
Hy het gedoen wat ek gevra het.
Maar nie soos ek dit verwag het nie.
Verkeerd is dit nie.
Inteendeel, dit spreek van ‘n breintjie wat probleme kan oplos.
As ouma dan vra dat hy op een beentjie staan, dan doen hy dit. Maar soos hy gemaklik voel.
Ek dog ek eet hom op.
Is dit nie oulik nie?
Hy het so pas 2 geword, daar is nog baie tyd om op een beentjie te staan. Wat my natuurlik laat wonder. Ek staan nooit op een been nie, is dit regtig noodsaaklik?
Maar ja, ek is seker dit is.
Dalk moet ek dit ook oefen, so saam met hom?
😄 ag, dis ‘n mooi storie! Ek verwonder my aan hoe slim hulle al so klein-klein kan wees … kyk nou net watter oulike plan het die kleinman gemaak! Nou laat jy my ook wonder, ek kan nie onthou wanneer laas ek op een been gestaan het nie …
LikeLiked by 1 person
Ag dankie! Ek geniet dit so om die lewe deur sy ogies te aanskou dat ek heeltemal vergeet dat ek ander werk ook het.
LikeLiked by 1 person
Ag dis oulik!
LikeLiked by 1 person
Dankie, Toortsie, ek het so lekker gelag vir sy mannewales. Ek lief die manier waarop hy planne maak om goed gedoen te kry.
LikeLiked by 1 person
Ons leer so baie van ons kleinkinders. Hy hou jou baie besig, maar julle leer mekaar goed ken. Liefde is so belangrik vir die opbou van self-vertroue.
LikeLiked by 1 person
Dit is so waar, vriendin, liefde is lewensnoodsaaklik vir ontwikkeling.
LikeLiked by 1 person
Hy is ‘n slim mannetjie wat sy eie planne maak! 😀
LikeLiked by 1 person
Ek geniet dit so baie dat daar geen manier is waarop ek vir hom gaan vertel dit is nie heeltemal wat ek bedoel het nie.
LikeLike
Verseker nie😂
LikeLike
Baie kreatief gedink. Dit is beslis goed om op een been te staan en bene ook af te wissel. Help met balans veral as jy ouer word en om jou brein ook te leer om balans toe te pas.
LikeLiked by 1 person
Dankie Scrapy, ek het aangeneem dit gaan met balans saam.
LikeLike
Beslis met balans te doen by kleintjies ook. Moet maar geoefen word.
LikeLike
Maar Ouma, weet jt dan nie dat hy n boer is nie?( wat n plan kan maak nie?)
LikeLiked by 1 person
Ek besef dit elke keer as die mannetjie planne maak. Ons boier maak ‘n plan.
LikeLike
En hardloop. Hardloop is briljante oefening. My 2jaar oud het geleer hop en spring. So as ouma kom kuier, hop en spring ons.
LikeLiked by 1 person
Dankie, Adri, nog raad sal verskriklik welkom wees. Ek ken net tieners en volwassenes
LikeLike