So week gelede kom ek agter dat een van my drie Miniatuur Schnauzers diaree het. Want ek doen die optelwerk elke liewe dag. Kleinkind bly mos Maandae en Vrydae by hierdie ouma van hom.
Lees voort “BB, ek en antibiotika”Maand: Oktober 2021
Pandemie-advertensie op kykNet onderskat kykers se intelligensie
Ek weet nie of jy die nuwe Suid-Afrikaanse advertensie vir die inspuiting (jab) om die pandemie hok te slaan, gesien het nie. Dit is lagwekkend omdat kykers se intelligensie ernstig onderskat word.
Lees voort “Pandemie-advertensie op kykNet onderskat kykers se intelligensie”Facebook bal weereens sy vuis vir WhatsApp-gebruikers
Facebook het so pas ‘n tweede ultimatum vir WhatsApp-gebruikers gestel. Anders as die vorige een, waarin WhatsApp-gebruikers verplig is om toestemming te gee dat hulle data met Facebook gedeel word, word hulle die keer verplig om hulle fone op te gradeer of op te dateer om na 1 November 2021 steeds die geselstoep te gebruik.
Lees voort “Facebook bal weereens sy vuis vir WhatsApp-gebruikers”Uitsig vanaf Tafelberg, Suid-Afrika
Alhoewel ek my lewe lank in Transvaal (wat na 1994 verdeel is in Mpumalanga, Noord-Wes, Limpopo en Gauteng) gewoon het, is ek baie lief vir die Kaap provinsie (wat na 1994 verdeel is in Die Noord-Kaap, Oos-Kaap en Wes-Kaap). Meer spesifiek die Wes-Kaap en veral die gebied in en om Kaapstad, hoofstad van die Wes-Kaap.
Lees voort “Uitsig vanaf Tafelberg, Suid-Afrika”