Vanoggend herinner my iPad my aan hierdie foto wat in 2011 geneem is. Die swembad van ons huis in Ruimsig Country Estate. Met die piesangbome, wat ek moes uithaal omdat hulle vervuil … Toe was dit al ses jaar lank ons tuiste.
Lees voort “En nou is dit nie meer my huis nie”Etiket: Ruimsig Country Estate
Ons is te besig om huis te groet …
Ek was van Donderdag af stil. Doodstil. Want ek het ‘n wilde naweek agter die blad. En ek voel vandag eers half mens. Steeds doodmoeg. Miskien omdat ek die hele dag gesukkel het om ‘n artikel vir ‘n bloguitdaging te skryf. Nou goed, nie die hele dag nie, maar tot naby 11 uur nadat ek net na vyf al begin het. Omdat die blok-redigeerder van WordPress ‘n nagmerrie is. In my boek voel dit soos ‘n hele dag.
Lees voort “Ons is te besig om huis te groet …”