Ek wou nog nie my hare in Kazakhstan sny nie. Hoe gaan ek vir die vrou vertel wat ek wil hê? Hoe gaan ek beduie hoe lank dit waar moet wees? Ek het al vertel dat ek selfde uit ‘n haarsalon stap en met my hare tevrede is. Dit lyk wel mooi as ek uitstap, maar wanneer ek dit self moet hanteer, is dit ‘n perd van ‘n ander kleur.
Lees voort “My eerste haarsny in Kazakhstan”Etiket: haarkapsters
My hare en haarkapsters
Ek het verlede week so gelag vir die beskrywing wat een van my blogvriendinne, Hester, van haar moedswillige hare en haar uitstappies na haarkapsters toe, dat ek nou lus is om sommer ook my eier in die mandjie te sit.